Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Listeriose: Só word verbruikers nou beter beskerm

Nuwe regulasies om Suid-Afrikaners teen die gesondheidsgevare van verwerkte vleis te beskerm, word op 8 Oktober van krag.

Dit kom ná die listeriose-epidemie wat einde 2017 uitgebreek het en tot Maart 2018 geduur het. Altesame 1 060 gevalle is bevestig en 216 mense is dood.

Miljoene rande se Weense worsies, polonie en koue vleis is in Maart 2018 herroep weens die listeriose-epidemie. Foto: Pixabay

Tiger Brands, wat onder meer Enterprise-polonie vervaardig, moes meer as ses maande lank van sy aanlegte sluit en miljoene rande se produkte is van winkelrakke onttrek.

’n Groepgeding teen Tiger, wie se Enterprise-aanleg in Polokwane, Limpopo, as die hoofbron van die listeriose-epidemie geïdentifiseer is, word eersdaags aangehoor. Richard Spoor verteenwoordig meer as 600 eisers, insluitend familielede van 86 oorlede kinders en dié van ongeveer 100 babas wat doodgebore is.

Die nuwe regulasies gaan opgedwing word deur die Nasionale Reguleerder van Verpligte Spesifikasies (NRCS), wat aan die departement van handel, nywerheid en mededinging verslag doen.

Die plan is ’n uitgebreide program van inspeksies landwyd ten einde enige bakterieë vroeg te identifiseer.

“Dis belangrik om te verseker dat verbruikers beskerm is teen skadelike bakterieë wat deur voedsel oorgedra word. Ons kosbedryf is belangrik vir die land se ekonomiese ontwikkeling en werkskepping. Werk in die kosbedryf moet verseker word deur maatreëls wat toepaslike beskerming aan verbruikers verskaf.”

’n Taakspan van die departement van handel, van gesondheid en van landbou en grondhervorming word ook benoem om te kyk of ’n toegewese owerheid oor kosveiligheid in die land op die been gebring moet word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.