Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lot van Domino’s in SA nog onseker

Die lot van Domino’s Pizza in Suid-Afrika is nog onseker nadat Taste Holdings aangekondig het hy het kopers gekry vir ál sy restaurante buiten dié franchise, waarvan hy die meesterlisensie ten duurste bekom het.

Die groep, wat eintlik as restauranteienaar bekend is, het onlangs aangekondig hy het ’n koper vir sy Starbucks-lisensie bekom, en dat die verkoop van die pizzarestaurante Maxi’s en visrestaurant The Fish & Chips Co. byna afgehandel is. Dié transaksie is nou wel beklink.

Taste Holdings besit die meesterlisensie van Domino’s in Suid-Afrika. Foto: Bloomberg

Ná die herstrukturering gaan Taste Holdings slegs sy juwelierswarewinkels behou, naamlik NWJ, Arthur Kaplan en World’s Finest Watches.

Taste het nog nie planne aangekondig hoe hy van Domino’s Pizza ontslae gaan raak nie.

Hy het reeds ’n aanbod vir die 13 Starbucks-takke in Suid-Afrika vir R7 miljoen aanvaar.

In ’n verklaring wat Dinsdag op die JSE se nuusdiens, Sens, gepubliseer is, sê die maatskappy Maxi’s en Fish & Chips sal reeds op 2 Desember aan ’n onbenoemde entiteit verkoop word.

Dit is dieselfde datum waarop Starbucks se verkope afgehandel sal word.

In sy jongste resultate het Taste se inkomste vir die jaar tot einde Februarie met 7% gedaal tot slegs R959,5 miljoen en geen dividend is verklaar nie.

Die grootskaalse herstrukturering kom nadat die maatskappy tot einde 2018 keer op keer eerder bakhand gaan staan het by sy aandeelhouers om sy kosbedrywighede aan die gang te hou.

Taste het net minder as ’n jaar gelede vir tweede keer in slegs een jaar – en vir die vierde keer in drie jaar – nog aandele probeer uitreik om miljoene rande in te vorder.

Die maatskappy hoop om nou enorme kostebesparings met die herstrukturering te behaal.

Meer oor:  Starbucks  |  Taste Holdings  |  Restaurante  |  Pizza  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.