Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lucky Star, ander vis verkoop goed tydens inperking

Suid-Afrikaners het seker gemaak hulle het genoeg blikkies Lucky Star-sardyne en ander visprodukte tydens die strengste fases van inperking.

Lucky Star se fabrieke kon oop bly tydens die inperking.

Die genoteerde vissery Oceana sê in ’n handelsverklaring hy het voordeel getrek uit die feit dat mense by die huis moes kosmaak toe hulle tydens die strengste fases van die inperking nie kon uiteet of kitskos bestel nie.

Oceana besit Lucky Star, wat benewens die kenmerkende sardyne in tamatiesous blikkies tuna maak, asook afdelings wat stokvis, makriel en kreef verkoop. In die VSA besit hy Daybrook Fisheries, wat hoofsaaklik visolie en vismeel vervaardig.

Die maatskappy sê omdat hy as kosprodusent tot ’n noodsaaklike diens verklaar is in al die lande waarin hy aanlegte het, kon sy bedrywighede regdeur die inperking voortgaan, onderhewig aan veiligheidsmaatreëls om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Die groep se basiese verdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde September gaan tussen 21% en 26% hoër wees as ’n jaar gelede en sy basiese wesensverdienste per aandeel tussen 13% en 18% hoër.

Die groep se syfers is ondersteun deur “volgehoue vraag en stabiele pryse vir die meeste van ons produkkategorieë, wat hoofsaaklik tuis geëet word, ondersteun deur produksiedoeltreffendhede en verbeterde algemene vangste”.

Die styging in wins is teengewerk deur Covid-19-verwante ontwrigtings weens afwesige personeel en koste.

Die groep reik op 3 Desember sy resultate uit.

Meer oor:  Oceana  |  Lucky Star  |  Vis  |  Inperking  |  Covid-19  |  Visserye  |  Tuna  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.