Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lufthansa vlieg nou na Namibië

Lufthansa vlieg nou tussen Namibië en Duitsland nadat Air Namibia sy roete van Windhoek na Frankfurt in 2020 opgeskort het.

Die roete is nie weer ingestel nie en Air Namibia is intussen gelikwideer.

Lufthansa vlieg nou na Namibië. Foto: Unsplash

Lufthansa se nuwe langafstanddiens, Eurowings Discover, gaan vanaf Augustus die roete tussen Frankfurt en Windhoek diens. Tot dan sal Lufthansa self vyf vlugte per week tussen die twee lande hê.

Eurowings het begin Mei in volle gang sy vlugte onderneem. Dié diens van Lufthansa fokus op langafstandvlugte en op reisigers wat meestal vir vakansies reis.

“Met ons huidige vlugprogram na en van Namibië bied die Lufthansa-groep vyf keer per week ’n betroubare verbinding tussen Windhoek en Frankfurt aan ons kliënte,” sê dr. André Schulz, die lugdiens se hoofbestuurder vir Suider-Afrika en die Verre Ooste.

“Tot einde Mei sal ons bestaande vlugskedules van en na Windhoek onveranderd bly.

“Van begin Junie tot einde Julie sal Lufthansa steeds die Windhoek-Frankfurt-roete vlieg en saam met die aanpassing sal Windhoek-vlugte in die aande plaasvind. Vanaf Augustus sal die groep se vlugbedrywighede tussen Windhoek onder die nuwe Eurowings Discovery-handelsnaam aangepak word en steeds aandvlugte wees.”

Lufthansa span reeds sy vloot van A330-vliegtuie in vir Eurowings-vlugte met die Brandenburg-lughawe in Berlyn as basis.

Meer oor:  Lufthansa  |  Namibië  |  Vlugte  |  Covid-19  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.