Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lugdiens vlieg weer direk tussen Kaap, Hongkong

Die Cathay Pacific-lugdiens sal vanjaar weer sy spesiale Kerstyd-vlugte instel wat direk tussen Kaapstad en Hongkong vlieg.

Vliegtuie van Cathay Pacific staan op die Hongkongse Internasionale Lughawe. Foto: Getty Images

Die direkte vlug van 13,8 uur lank is in 2018 vir die eerste keer beskikbaar gestel en het tot ’n 10%-toename in reise tussen die twee bestemmings gelei.

“Die Kaapstadse Air Access-vennootskap (CTAA) is baie opgewonde oor hierdie aankondiging en die hupstoot wat dit vir die Wes-Kaapse ekonomie sal bied,” sê Tim Harris, uitvoerende hoof van Wesgro, Maandag in ’n verklaring.

Beverley Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede, sê dit bied ’n goeie geleentheid vir toerisme en sake in die twee stede gedurende so ’n belangrike tyd van die jaar. Sy sê dat dié middelpunt van handel ook die “poort tot die res van Asië is, wat ons in staat stel om toerisme en handel tussen verskeie kern- Asiatiese streke te bevorder”.

Die vlugte is vanaf November vanjaar tot Januarie volgende jaar beskikbaar. Drie vlugte per week sal op Maandae, Woensdae en Vrydae vertrek vanaf die Kaapstadse Internasionale Lughawe en op dieselfde dae uit Hongkong arriveer.

Meer oor:  Cathay Pacific  |  Hongkong  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.