Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lugdienste: Alles terug na normaal
Mango was een van die lugdienste wat op kort kennisgewing van sy vliegtuie moes herroep.Foto: Reuters

Ná Dinsdag se chaos met vier lugdienste wat op kort kennisgewing passasiers op vlugte moes rondskuif, blyk dinge Woensdag weer normaal te wees.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Mango, Kulula en British Airways moes almal Dinsdag vliegtuie op die grond hou nadat die Burgerlugvaartowerheid (BLO) hulle ingelig het van “onreëlmatighede” wat tydens ’n onlangse oudit van SAL Tegnies bespeur is.

SAL Tegnies verskaf instandhoudings- en tegniese dienste aan die lugdienste.

’n Woordvoerder van Mango het Woensdag bevestig dat al hul vliegtuie weer in die lug is, terwyl Comair reeds Dinsdagaand gesê het hy verwag dat dinge Woensdag weer normaal sal verloop.

Twee van Mango se vliegtuie wat herroep moes word, was glo in die lug toe die kennisgewing ontvang is. Die vliegtuie is uit diens gestel die oomblik wat hulle geland het. Die vliegtuie het sedertdien die nodige klaring ontvang en is reeds Dinsdag weer in gebruik gestel.

Tlali Tlali, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het in ’n e-pos aan Netwerk24 bevestig 25 van hul vliegtuie is op die grond gehou “om hulle deur die proses vir verifikasie van voldoening te sit”.

Nie een van die lugdienste het egter uitgeklaar presies wat die probleem met die vliegtuie was nie.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, kon ook nie Dinsdagmiddag verduidelik wat die onreëlmatighede is wat die BLO gevind het nie.

Meer oor:  Sal  |  British Airways  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Kulula  |  Comair  |  Mango  |  Vliegtuie  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.