Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lys van huidige hofsake teen Steinhoff
steinhoff
Steinhoff was altyd die hoofborg van die Maties-rugbyspan. Foto: Getty Images

Die beleërde Steinhoff het Dinsdagoggend aangekondig hy is bereid om met eisers te onderhandel ten einde ’n skikking te probeer bereik.

Hier is ’n lys van al die hofsake en eise wat teen Steinhoff aanhangig gemaak is sedert die ineenstorting van sy aandeelprys in Desember 2017.

Die jongste hofgeding wat middel Februarie aangekondig is, is deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en ander beleggingsfondse in Nederland aanhangig gemaak, maar hou verband met ’n ondersoek wat aangevra is.

Lees: OBK vra hof in Amsterdam vir ondersoek na Steinhoff

Die ander eise en groepgedinge waaroor reeds berig is, is:

1. Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff, het einde April 2018 twee eise van altesame sowat R59 miljard in die hooggeregshof van Kaapstad ingedien.

Lees: Als oor Christo Wiese se R59 mjd.-eis teen Steinhoff

Lees: Christo Wiese eis R59 mjd. van Steinhoff

2. Tekkie Town se voormalige eienaars het einde Mei verlede jaar hul eis teen Steinhoff ingedien. Hulle wil hul onderneming terugkry of vergoed word vir hul gedeelte van die totale koopsom, wat sowat R1,8 miljard beloop. Hulle is destyds in Steinhoff-aandele betaal wat hulle vir drie jaar nie mag verkoop het nie. Dié aandele is egter nou bykans waardeloos.

Lees: Steinhoff: Tekkie Town-stigters maak hart oop

Lees: Jooste ‘mislei doelbewus’ oor Steinhoff – hofstukke

Lees ook: Handgeskrewe nota van Markus in Steinhoff-eis

3. Die Stellenbosse bankier GT Ferreira en twee werkerstrusts van sy wynplaas Tokara het ’n eis van sowat R1 miljard teen Steinhoff ingestel.

Lees: Ekslusief: GT praat oor Steinhoff

Lees: GT Ferreira: ‘Ek voel verneuk’ deur Jooste

4. Drie groepsgedinge is reeds verlede jaar in onderskeidelik Nederland, Duitsland en Suid-Afrika aanhangig gemaak.

Lees: Beleggers dagvaar Steinhoff, dalk ook Deloitte

Lees: Regsfirmas werf Steinhoff-beleggers vir groepgedinge 

Lees: Steinhoff: Eerste klasaksie in SA gebring

5. In September verlede jaar het Steinhoff in ’n aanbieding aan banke gesê daar is partye wat hul PSG-aandele vir Steinhoff-aandele verruil het wat ook eise teen die groep ingestel het.

Lees: SA beleggers deel van Steinhoff-groepeis

6. ’n Voormalige vennoot van Steinhoff in Europa, Andreas Seifert, het ook regsgedinge hangende in Oostenryk. Hy voer aan sy maatskappy LSSW het as krediteur ’n eis van sowat R9,5 miljard teen die groep.

7. Die lys is nie volledig nie. Netwerk24 is bewus van nog eise wat bekend gemaak sal word wanneer die groep sy resultate vir die 2017-boekjaar uitreik.

Meer oor:  Steinhhoff  |  Maatskappye  |  Hofsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.