Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Maak ‘naakte groente’ goedkoper ook, pleit lesers

Die meeste Netwerk24-lesers jubel oor Pick n Pay se plan om méér vrugte en groente onverpak te verkoop as deel van die stryd teen plastiek.

Netwerk24 se lesers is byna deur die bank te vinde vir dié muur onverpakte groente.

Baie spreek egter die versugting uit dat groente en vrugte goedkoper sal word as die verpakkingskoste wegval.

“Wonderlik” en “puik idee” was onder die algemene kommentaar op Netwerk24 en Facebook, en ander winkelgroepe word aangemoedig om dié voorbeeld te volg en meer groente los te verkoop.

Hanlie Botha sê ook: “So bly, hoop ander volg die voorbeeld.”

Baie van die produkte waarin groente tans verpak word – soos kleefplastiek en polistireen – is nié herwinbaar nie.

Pick n Pay het Dinsdag aangekondig dat hy nou 47 soorte vrugte en groente as sogenaamde naakte groente gaan verkoop. Die datum waarteen die produk verkoop moet word, sal met laser op die beet of wortels aangebring word.

Vir eers is dit egter net ’n toetslopie wat in 13 winkels – die meeste van hulle in die Kaapse metropool en in Johannesburg – gedoen word om te kyk hoe verbruikers daarop reageer.

S. van Zyl dink dis ’n wonderlike idee, maar: “Hoekom niks hiervan in die Oos-Kaap nie?”

Pick n Pay sal bruinpapiersakke beskikbaar stel vir verpakking en sal ook netsakkies verkoop.

Nou kan hulle ophou om die vrot vrugte en groente onder in die pakke weg te steek!
Tanya Fourie, leser

Lesers het veral hierop sterk gereageer. Die meeste mense sê dis hoog tyd dat almal lapsakke saam winkel toe bring.

Op Netwerk24, waar geregistreerde lesers onder skuilname kommentaar mag lewer, sê ene A AP: “In Engeland en elders gaan mense na winkels met hul eie sakke. Waarom kan dit nie hier ook so wees nie? Jy berg eenvoudig net jou sakke in jou voertuig!”

Rocco Lemmon wys op ’n algemene probleem om dié goeie gewoonte te vestig: “Ek vergeet om dit in my kar terug te sit, het al ’n hoop lapsakke.”

Nie almal is gelukkig oor die terugkeer van bruinpapiersakke nie. Jan Smit sê: “Mooi, man, kom ons saag meer bome af.”

Hierop antwoord Bobbejaans Baas egter: “Die bruinpapiersakke word met dennepulp gemaak, waarvan ons baie, baie plantasies het en wat baie, baie werk verskaf. Dit is volhoubaar.”

Papier vergaan vinniger as plastiek indien dit op rommelhope beland en dit kan boonop herwin word.

“Kieme” is vir ’n aantal lesers ’n probleem, maar verskeie sê daar moet ter wille van die omgewing eenvoudig met plastiek weggedoen word.

Talita Basson se antwoord? “Was jou groente voor jy dit gebruik.”

Ek moet bieg ek ’t nog nooit vars groente en vrugte gewas voor gebruik nie! En ons almal lewe nog en is gesond.
Karen Stewart, leser

Karen Stewart sê: “Ek moet bieg ek ’t nog nooit vars groente en vrugte gewas voor gebruik nie! En ons almal lewe nog en is gesond.”

Die hantering van “naakte” produkte het vir M. Vrystaat ’n ander dilemma: “Dis alles goed en wel en ek dink dit is als reg. Ek dink net dat daar baie aandag aan hantering gegee moet word vir gekneusde produkte ook, want die eindverbruiker staan heel dikwels voor ’n rak gekneusde vrugte.”

Tanya Fourie sê: “Nou kan hulle ophou om die vrot vrugte en groente onder in die pakke weg te steek!”

Meer oor:  Pick N Pay  |  Plastiek  |  Verpakking  |  Kleinhandelaars  |  Groente  |  Vrugte  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.