Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Maaltyd in ’n japtrap word al hoe gewilder
Volgens Euromonitor verkoop Woolworths verreweg die meeste geriefskos. Foto: Woolworths

Geriefskos soos gekerfde groente en frikkadelle wat net in die oond gedruk hoef te word, gaan volgens die internasionale markontleder Euromonitor al hoe gewilder word.

In Suid-Afrika het die verkope van geriefskos sedert 2011 met 58% gegroei, van R2,3 miljard per jaar tot amper R3,7 miljard in 2016, volgens Euromonitor. Groei van 8% word vir vanjaar verwag, wat die totale verkope op byna R4 miljard te staan sal bring.

Euromonitor is vir kommentaar genader nadat Shoprite in die afgelope week by die bekendmaking van sy resultate gesê het die verkope van geriefskos in sy winkels het sedert Februarie verdubbel. Meer as 100 nuwe produkte is ook bekendgestel.

Verkoelde maaltye (wat gaar in die yskas gebêre en net warm gemaak moet word) bly die grootste kategorie onder geriefskos. Foto: Pick n Pay

Shoprite het nie verdere syfers gegee nie. Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof, het wel gesê Shoprite “wil meer van Woolworths se klante hê”.

Nicki Russell, hoof van geriefskos by Pick n Pay, het by navraag gesê verkope groei goed. Meer as 135 nuwe produkte is die afgelope jaar bekendgestel en nog 50 word voor die einde van die jaar verwag.

Volgens Euromonitor verkoop Woolworths verreweg die meeste geriefskos.

Pick n Pay is in die tweede plek en Shoprite derde. Dit was ten koste van handelsname soos Dr. Oetker en I&J.

Nie alle geriefskos is egter ewe gewild nie.

  • Die verkope van bevrore maaltye het van R343 miljoen in 2011 tot R371 miljoen in 2016 toegeneem. Dit is groei van net 8% en was die swakste van al die kategorieë.
  • Die verkope van aandete-mengsels (kos wat gesny, maar nog nie gaargemaak is nie) het met 74% van R83 miljoen tot R143 miljoen gestyg. Die groei in dié kategorie was die sterkste.
  • Verkoelde maaltye (wat gaar in die yskas gebêre en net warm gemaak moet word) bly die grootste kategorie. Verkope het met 66% gegroei van R1,4 miljard in 2011 tot R2,3 miljard in 2016.

Volgens Euromonitor is verbruikers in die middel- tot hoërinkomstegroepe meer geneig om op gesondheid ingestel te wees en kies hulle produkte op grond daarvan.

Goedkoper produkte soos bevrore maaltye gaan na verwagting gewild bly onder verbruikers in die middel-inkomstegroep vir wie bekostigbaarheid die belangrikste oorweging is.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Shoprite  |  Woolworths  |  Kleinhandelaars  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Kospryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.