Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Maatskappye gee steeds miljarde vir goeie doel
Baie groot maatskappye gee steeds geld vir goeie sake. Foto: Pixabay

Maatskappye het nie geskroom om vanjaar steeds miljarde rande te gee vir goeie sake nie.

In 2020 het maatskappye weliswaar ’n groot deel van hul korporatiewe maatskaplike beleggings (CSI) op projekte bestee wat verband hou met die Covid-19-pandemie, maar hulle het ook nog ruim gegee vir bestaande projekte.

Trialogue, wat die afgelope 23 jaar reeds elke jaar ’n CSI-handboek publiseer, sê maatskappye het die afgelope boekjaar R10,7 miljard vir goeie sake gegee.

Dit is ’n styging van 1,2% teenoor die R10,2 miljard van ’n jaar gelede.

Cathy Duff, wat die handboek saamstel, verduidelik dat hul navorsing gegrond is op maatskappye se boekjaar wat deur die loop van 2020 tot ’n einde loop.

In sommige gevalle beteken dit dus dat hul CSI-uitgawes nog nie waarlik hul besteding op die pandemie weergee nie omdat dit ná die einde van hul boekjaar begin het.

Die verwagting is dus dat besteding aan die pandemie ook duidelik te sien sal wees in die handboek wat teen einde 2021 saamgestel gaan word.

Maatskappye het verskillend op die pandemie gereageer. Sowat 26% het meer geld op CSI spandeer. Dit is omdat hulle aangehou het om bestaande projekte te steun, én geld beskikbaar gestel het vir die verligting van die invloed van die pandemie.

Sowat 21% van maatskappye moet egter CSI-uitgawes inperk, terwyl 13% van hulle geld wat aan bestaande projekte toegewys is, eerder na projekte geskuif het wat direk met die pandemie verband hou.

Net 4% van maatskappye het alle CSI-uitgawes gestaak. Duff sê, nes die geval in vorige jare, het die mynboubedryf die afgelope jaar verreweg die meeste bygedra tot CSI in Suid-Afrika.

CSI

Dié bedryf was verantwoordelik vir 25%, oftewel sowat R2,67 miljard, se CSI.

Die mynboubedryf is gevolg deur kleinhandelaars (R2,14 miljard) en finansiële dienste (R1,92 miljard).

Die jaarlikse navorsing wat Trialogue onder hoë-inkomste-organisasies, sowel korporatief as niewinsgewend, gedoen het, wys die meeste maatskappye belê hul CSI-begrotings oudergewoonte in Gauteng in projekte wat op skoolgaande kinders, en veral wiskunde en wetenskap, gerig is.

Hulle verkies ook tipies om eerder geld aan niewinsgewende organisasies te gee.

Naas onderwys is maatskaplike en gemeenskapsontwikkeling asook gesondheid die sektore wat die meeste steun ontvang.

Wat ’n uitsonderlike neiging in Suid-Afrika is, in teenstelling met die res van die wêreld, is dat maatskappye nie op net een sektor fokus nie, maar op vele.

Maatskappye steun projekte in gemiddeld 4,6 sektore. Hulle skenk ook eerder kleiner bedrae aan ’n klomp projekte.

Byna die helfte (47%) van maatskappye steun meer as 20 projekte, terwyl 11% meer as 100 projekte steun.

Hoewel groot maatskappye gewillig is om tyd en geld te bestee aan CSI-projekte, is hulle traag om lenings of ander finansiering beskikbaar te stel.

“Die meeste niewinsgewende organisasies verkies ook veel eerder geldelike bydraes as maatskappye wat groot dae reël met baie mense wat ’n instansie besoek,” sê Duff.

CSI
CSI

Meer oor:  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.