Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Maatskappye wil registreer, maar webwerwe vou
Photo by Glenn Carstens-Peters on Unsplash
Die webwerf waarop maatskappye as noodsaaklike dienste moet registreer, gee probleme. Foto: Unsplash.

Nóg ’n webwerf wat moet help om die staat van inperking te reguleer, het ingegee of werk nie.

Klagtes stroom in oor die webwerf wat Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, Donderdag gesê het maatskappye wat noodsaaklike dienste lewer, moet gebruik om te registreer.

Dr. Michael Jordaan, voormalige uitvoerende hoof van FNB en baas van Bank Zero, het op Twitter gesê: “Die sakeportaal vir noodsaaklike dienste werk nie. Komaan, minister, julle het tyd gehad om voor te berei hiervoor. Baie mense in maatskappye het die afgelope dae skaars geslaap om dit te laat werk.”

Jordaan se Twitter-volgelinge het hierop gereageer dat “die meeste van die beloofde webwerwe glad nie werk nie”.

cipc
Slegs registrasie vir noodsaaklike dienste word toegelaat, maar dié knoppie lei tot ’n foutboodskap.
cipc
Dit werk nie...


Dit sluit volgens die Twitter-gebruiker Adriaan Grové smmesa.gov.za in.

Devan Naidoo van Durban het op Twitter gesê hy probeer al van 08:30 af.

Wesgro, die Wes-Kaapse agentskap vir ekonomiese groei, het ook die webwerf se adres gedeel waarop ondernemings moet registreer indien hulle noodsaaklike dienste moet lewer, maar is gou verwittig dat dit nie werk nie.

Wes-Kaapse ondernemings kan op Wesgro se webwerf supportbusiness.co.za belangrike inligting kry wat die provinsiale regering aan hulle wil oordra.

SA Gov News het ook die webwerf se adres op Twitter gedeel, maar word oorval deur mense wat laat weet dat dit nie werk nie.

Die belastingadviseurs @Quantify_sa van Durban het ook gesê talle van sy kliënte probeer registreer en kan nie.

Dit wil voorkom of die probleem by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) is, want sy webwerf werk ook nie en gee dieselfde boodskap.

Die CIPC moet sertifikate uitreik aan gemagtigde maatskappye wat gedurende die inperkingstydperk in bedryf mag wees.

Meer oor:  Cipc  |  Staat Van Inperking  |  Maatskappye  |  Noodsaaklike Dienste  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.