Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Makro wil jou só laat glimlag op Swart Vrydag
Swart Vrydag is tradisioneel die besigste dag van die jaar vir kleinhandelaars. Foto: Getty Images

Begin jou keel reeds toeslaan by die gedagte aan Swart Vrydag, maar jy wil beslis nie ’n winskopie misloop nie?

Lang toue mense, bek- en vuisgevegte oor dáái televisiestel of toiletpapier wat afgemerk is?

Makro het besluit om dinge vanjaar ’n bietjie anders aan te pak. Swart Vrydag is vanjaar op 23 November, die dag ná die Amerikaanse vakansie Dankseggingsdag. Dit het van anderkant die Stille Oseaan na Suid-Afrika oorgespoel en is nou selfs ’n groter inkopietog as die week voor Kersfees.

Die groothandelaar het aan BusinessTech bekend gemaak dat hy vanjaar tegnologie gaan inspan om kopers se ervaring op die dag te verbeter. Eerstens gaan daar mobiele betaalpunte wees sodat jy sommer vir jou inkopies kan betaal terwyl jy in die tou staan en wag.

Maar moenie dink jy gaan ongesiens daai paar sokkies by die deur kan uitsmokkel nie. Makro waarsku dat hy bykomende veiligheid op die dag gaan hê wat kopers se betaalstrokies en items sal nagaan.

Makro bied ook ’n spesiale afslag op afleweringskoste vir enige item wat op die dag aanlyn of in een van sy winkels gekoop word. Aflewerings na enige gebied, ongeag afstand, sal net R70 beloop op Swart Vrydag.

Betaal aanlyn, pik op in winkel

Nóg ’n nuwe funksie wat Makro vanjaar op Swart Vrydag toets, is dat kopers aanlyn items bestel en op die dag dit net by die winkel kom afhaal – sonder om enigsins hul motor te verlaat.

Dié “deurry”-konsep gaan by Makro se winkel in Riversands, Johannesburg, getoets word.

Nadat kopers aanlyn vir hul iets betaal het, kan hulle ry na die verkoopsvenster by Makro se Riversands-winkel. Daar sal ’n winkelassistent deur middel van ’n interkom met die klant kommunikeer. Die koper moet ’n bewys van sy identiteit en sy bestelnommer by hom hê. Die items word dan aan die koper oorhandig en hy teken daarvoor.

Swart Vrydag is gewoonlik een van die besigste dae van die jaar vir handelaars. Verlede jaar het BankservAfrica, wat kaart- en elektroniese transaksies in Suid-Afrika verwerk, op Swart Vrydag byna 5 miljoen transaksies ter waarde van R2,5 miljard verwerk.

Gewilde aanlyn winkels soos Takealot en Spree (deesdae Superbalist) se webwerwe is ook geneig om probleme te gee weens die skerp toename in verkeer daarheen op Swart Vrydag.

Op Swart Vrydag verlede jaar het Takealot byvoorbeeld 162 Samsung-televisies binne die eerste uur van die uitverkoping van die hand gesit. Trouens, die handelaar het in die eerste uur meer items verkoop as die hele Swart Vrydag van 2016.

Meer oor:  Makro  |  Swart Vrydag  |  Inkopies  |  Groothandelaar  |  Winskopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.