Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mango, SAL Tegnies bereik ooreenkoms
Een van Mango se vliegtuie op die aanloopbaan.

Die laekostelugdiens Mango het Vrydag bevestig hy het ’n ooreenkoms met SAL Tegnies (SAAT) aangegaan waarvolgens laasgenoemde gaan voortgaan om sy vliegtuie te diens en te ondersoek voordat hulle opstyg.

Dit volg nadat SAAT, ’n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), sowat ’n week gelede Mango ingelig het hy gaan sy dienste opskort weens wanbetaling.

Mango is eweneens deel van die SAL-groep.

Die besonderhede van Vrydag se ooreenkoms tussen Mango en SAAT is nie bekend gemaak nie.

Daar was aanvanklik gevrees al Mango se vlugte sal gehok moet word omdat ’n lugdiens nie sonder ’n tegniese diensverskaffer in bedryf kan wees nie.

Daarsonder word ’n lugdiens nie as lugwaardig beskou nie.

Anders as die SAL is SAAT en Mango nie in sakeredding nie.

SAAT het reeds voorheen sy dienslewering aan die SAL ook opgeskort weens wanbetaling.

Die SAL is nie in bedryf nie en wag steeds op die regering om met meer as R10 miljard vorendag te kom om die sukkelende lugdiens te red.

Die versiening van twee van Mango se vliegtuie het wel vandeesweek voortgegaan omdat die eienaars daarvoor betaal het, berig Fin24.

Mango huur verskeie van sy vliegtuie en besit ook sy eie vliegtuie.

Bedrywighede by die lugdiens kon deur die week ook voortgaan nadat Mango nog vliegtuie by derdepartye gehuur het.

Tog was daar verskeie vertragings op sommige roetes.

Mango sê Vrydag hy doen “alles in sy vermoë” om bedrywighede terug te kry soos normaal en vra passasiers om sy webtuiste dop te hou vir sy jongste vlugskedules.

FlySafair versien sy eie vliegtuie en het voorheen al vir Comair, wat kulula.com en British Airways bedryf, die deur gewys toe dié ook van SAAT wou wegbeweeg.

Comair is ook in sakeredding, maar ’n ooreenkoms met krediteure is bereik en die maatskappy sal na verwagting weer vlugte in Desember hervat.

Meer oor:  Mango  |  Sal Tegnies  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Staatsondernemings  |  Sakeredding  |  Lugdienste  |  Maatskappye  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.