Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mango se vlugte wéér ‘tydelik’ opgeskort

Vir die derde keer in drie maande het Mango sy vlugte Dinsdag op kort kennisgewing opgeskort.

Dis omdat die lugdiens weer te ver agterstallig is met lughawegelde wat aan die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) geskuld word.

Mango styg nie op die oomblik op nie.

Mango het op Twitter om verskoning gevra vir die “onderbrekings en vertragings” van vlugte.

Vlugte is “tot verdere kennisgewing” uitgestel.

“Senior bestuur en ons aandeelhouer (die regering) is in geslote gesprekke om ’n vriendskaplike skikking vir die dooiepunt te vind.”

William Ndlovu, waarnemende uitvoerende hoof, sê die lugdiens beoog om normale bedrywighede “so gou as moontlik” te hervat. “Ons vra vir kalmte en geduld terwyl ons dié uitdagings aanpak. Ons sal die publiek so gou as moontlik op hoogte hou.”

Passasiers sal per e-pos of SMS in kennis gestel word dat vlugte opgeskort is. Hulle kan Mango ook kontak by

enquiries@flymango.com en/of vouchers@flymango.com. Koopbewyse wat aan mense gegee word omdat geskeduleerde vlugte uitgestel word, sal 24 maande geldig wees.

Dit het Maandag aan die lig gekom dat vakbonde ’n aansoek gebring het om Mango in sakeredding te laat plaas.

Dit kom omdat die R890 miljoen wat as deel van die sakereddingsproses van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vir Mango bewillig is, nog nie aan die lugdiens oorgedra is nie.

Vakbonde het vroeër beweer Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, laat Mango aspris ondergaan omdat die SAL se nuwe ekwiteitsvennoot ook die mede-eienaar van Mango se mededinger Lift is.

Meer oor:  Mango  |  Acsa  |  Suid-Afriikaanse Lugdiens  |  Vlugte  |  Staatsondernemings  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.