Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Manuel sleep EFF hof toe oor Jan Taks
Trevor Manuel

Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, sleep die EFF hof toe oor beweringe wat hy voor die aanstelling van die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gemaak het.

Ed Kieswetter is op 27 Maart deur Tito Mboweni, minister van finansies, in dié pos aangestel.

Manuel het aan die hoof gestaan van die komitee wat oor die aanstelling moes besluit.

Fin24 het verneem dat Manuel reeds dokumente by die hof ingedien het oor wat hy voorheen as “lasterlike” stellings teen hom beskryf het oor Kieswetter se aanstelling

Die EFF het kort voor Kieswetter se aanstelling aangekondig is, ’n verklaring uitgereik waarin verskeie bewerings teen Kieswetter en Manuel gemaak is.

Een hiervan was dat hulle ’n “hegte sakeverhouding” het.

Die EFF het tóé gesê hy het in Februarie ’n brief en parlementêre vrae aan pres. Cyril Ramaphosa en Mboweni gestuur waarin hy spesifiek vra hoekom die proses om ’n nuwe kommissaris vir die SAID te kies “geheimsinnig” moes wees.

Die Black Management Forum (BMF) het ook voorheen sy kommer uitgespreek oor wat hy as ’n “gejaagde en beskermde” proses beskryf het om die nuwe kommissaris aan te stel.

Toe dit bekend gemaak is Kieswetter is in die pos aangestel, het Manuel in ’n kort verklaring gesê hy gaan hom nie deur “speelgrondboelies” laat misbruik nie en dat verklarings deur Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, was “vals”, “rassisties” en “lasterlik”

Hy het gesê die EFF moet bewyse wat sy bewerings staaf indien. Hy het gevra Ndlozi moet sy stellings terugtrek.

Hy het tóé gewaarsku as hy dit nié doen nié sal dit regstappe lei.

Ndlozi het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

– Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.