Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Marcus byt nie aan Matjila se getuienis
Gill Marcus Foto: Nadine Hutton, Bloomberg

Dit was duidelik Gill Marcus, kommissaris by die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wou maar net nie byt aan dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, se getuienis nie.

Matjila het Maandagmiddag sy getuienis voor die kommissie voortgesit.

Hy het die transaksie waar die OBK R1,8 miljard aan die konsortium Kilimanjaro Sakhumnotho-konsortium geleen het om in 2015 ’n beherende belang in Tosaco te bekom, goedgekeur.

Tosaco is die swartbemagtigingsvennoot van die petrochemiese reus Total Suid-Afrika.

Sipho Mseleku, uitvoerende voorsitter van Sakhumnotho, én Lawrence Mulaudzi van Kilimanjaro Capital het albei voorheen voor die kommissie getuig dat Matjila hulle een dag saam in ’n kantoor gelos het en voorgestel het dat hulle ’n konsortium vorm as hulle in ag geneem wou word vir die transaksie.

Matjila het erken so ’n ooreenkoms sou ideaal wees, maar hy ontken dat hy hulle gedwing het om dit te doen.

Marcus het reguit vir Matjila gesê dit maak nie saak wat hy getuig nie, gegewe die omstandighede, gaan sy aanhou vrae vra oor of hy hulle nie wel gedwing het om die konsortium te vorm nie.

Sy sê dit bly baie eienaardig dat ’n uitvoerende hoof van ‘n instelling soos die OBK glad nie dink dit is vreemd dat ’n verteenwoordiger van een maatskappy hom volg na die vertrek waar hy ’n vergadering met ’n verteenwoordiger van ’n ander maatskappy het nie. Veral nie waar die twee maatskappye altwee ’n bod ingedien het vir dieselfde transaksie nie.

Sy sê ook dit is eienaardig dat die twee maatskappye dieselfde dag nog besluit het om ’n konsortium te vorm vir ’n transaksie wat bykans R2 miljard werd is.

Marcus het voorheen vir Mseleku ook reguit gevra of hy nooit onraad vermoed het omdat Matjila hom inderwaarheid aan ’n mededinger voorgestel het nog voordat die suksesvolle bieër aangewys is nie.

“Het jy nie besef dit was ’n boodskap wat aan jou gestuur is nie?” het sy gevra.

Mseleku het erken hy het dit nie so gesien nie, “want ons kon nog altyd kies om nie saam te smelt nie”, was sy getuienis.

Matjila wou nie Maandag enige kommentaar lewer op Marcus se opmerkings en vrae nie.

Al wat hy gesê het is: “Jy is in die moeilikheid as jy dit gedoen het én as jy dit nie gedoen het nie”, met verwysing dat hy die twee maatskappye aan mekaar voorgestel het.

Matjila se getuienis het net soos voorheen teen ’n slakkepas gevorder. Hy sal Dinsdagoggend sy getuienis voortsit.

Meer oor:  Openbare Beleggingskorporasie  |  Obk  |  Total  |  Gill Marcus  |  Dan Matjila  |  Obk-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.