Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mark bespiegel of H&M gaan denoteer

Gaan die klerekleinhandelaar Hennes & Mauritz (H&M) dalk denoteer van die Stockholmsbörsen?

H&M is besig om vinnig in Suid-Afrika uit te brei.

Dis die bespiegeling in die mark omdat die miljardêr Stefan Persson, voorsitter van die maatskappy, nog aandele aangeskaf het.

Persson het net in Mei nagenoeg 3,5 miljard Sweedse kroon (nagenoeg R5,01 miljard) op H&M-aandele bestee en vir die jaar tot dusver 6,4 miljard kroon.

Met dié aankope besit Persson en sy gesin en sy suster, Lottie Tham, en haar gesin nou 49,9% van H&M se aandele. Einde April het hulle reeds 75% van die stemregte besit.

Persson se seun Karl-Johan is die uitvoerende hoof van die klerereus, wat besig is om vinnig in Suid-Afrika veld te wen.

Die Perssons het tot dusver ontken dat hulle van plan is om H&M te privatiseer. Nils Vinge, H&M se hoof van beleggersbetrekkinge, sê hy is nie bewus van ’n uitkoopplan nie.

Sommige ontleders reken Persson herbelê bloot sy dividende in nog aandele. Hy het al vantevore sy dividende gebruik om nog aandele te koop.

H&M is die vyfde grootste Sweedse maatskappy, met ’n markwaarde van sowat 240 miljard kroon. Privatisering sal nagenoeg 120 miljard kroon verg om minderheidsaandeelhouers uit te koop. – Bloomberg

Meer oor:  H&M  |  Kleinhandel  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.