Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Markus Jooste ‘benadeel’ Pierneef-kunswerke
Markus JoosteFoto: Argief

’n Reuseverkoping van kunswerke wat voorheen aan Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, behoort het, het die prys van skilderye deur Jacob Hendrik Pierneef laat daal.

Mense met kennis van die saak sê Jooste, wat bekend is dat hy kunswerke versamel het, het glo van sy werke met behulp van private handelaars verkoop.

Hy het verskeie kunswerke van die bekende Pierneef besit.

Nie Jooste of Callie Albertyn, sy prokureur, het op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Verwarring

Nadat Pierneef se Farm Jonkershoek with Twin Peaks Beyond in Junie 2017 teen ’n rekordprys van R20,5 miljoen verkoop is, het handelaars verwag dat die prys van dié meester se werke sou styg.

Dié kunswerk is verkoop sowat ses maande voor dit op die lappe gekom het dat daar grootskaalse bedrog by Steinhoff was en dat Jooste beskuldig word dat hy daarby betrokke was.

Sedertdien het die pryse van Pierneef-skilderye glad nie gestyg nie – een het selfs nie eens verkoop nie.

Gerugte het vinnig die rondte begin doen dat Jooste besig was om minstens ’n deel van sy versameling te verkoop.

Strauss & Co, ’n kunshandelaar in Johannesburg, het luidens ’n verklaring in Oktober vanjaar nege Pierneef-skilderye saam vir R9,65 miljoen in Kaapstad verkoop.

“Pryse is verwater nadat ’n versamelaar onder druk verskeie werke verkoop het,” lui die verklaring.

Geen verdere inligting word verskaf nie.

Jooste het verskeie stappe gedoen om meer geld in die hande te kry nadat Steinhoff se aandeelprys in duie gestort het.

Hy het ’n erf in ’n luukse landgoed te koop aangebied weke ná die begin van die Steinhoff-skandaal. Sy beleggingsmaatskappy het ook ’n resiesperd-kampioen verkoop.

Steinhoff moes ook bates verkoop om in bedryf te kon bly.

Die maatskappy het die Oostenrykse meubelgroep Rudolf Leiner verkoop, asook belange in maatskappye soos KAP Industrial Holdings.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Pierneef  |  Skilderye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.