Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Markus Jooste betaal self bonus van R33 m. vroeg

Een van die skokkende onthullings in die 2017-jaarstate van Steinhoff wat middernag Dinsdagaand vrygestel is, is die bedrae geld waarmee Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, klaarblyklik vir homself ’n bonus vooruit laat betaal het.

Hy het in die boekjaar tot einde September 2017 ’n vergoeding – ingesluit bonusse van R33 miljoen -  verdien.

Die jaarverslag van 343 bladsye verwys 48 keer na Jooste.

Gedurende die boekjaar tot einde September 2017 is ’n bonus van 2,07 miljoen (meer as R33 miljoen) in geheel aan Jooste betaal:

  • Op 1 Maart 2017 is 500 000; en
  • Op 31 Mei is 1,57 miljoen betaal.

“Die betaling van 500 000 is nie deur die direksiekomitee oor vergoeding voorgestel of deur die toesighoudende direksie goedgekeur nie.”

Die res van die bonus is deur die toesighoudende direksie goedgekeur in ooreenstemming met die strategiese bonusse wat in die vorige twee boekjare toegeken is.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, in September 2017.

In ooreenstemming met die vergoedingsbeleid was die betaling van die bedrag uitgestel deur die toesighoudende direksie en was dit veronderstel om in drie betalings plaas te vind in Oktober 2017, November 2017 en Oktober 2018. Die bedrae sou onderskeidelik 561 074, €448 859 en €561 074 beloop het.

“Die versnelde betaling van die bedrag op 31 Mei voordat dit betaalbaar was, was nie goedgekeur nie.”

Dié bedrag is vooruitbetaal deur die groepmaatskappy Steinhoff Europe AG (SEAG) op instruksie van Jooste.

Ook die 500 000 is op Jooste se instruksie deur SEAG betaal.

Jooste het op 4 Desember, nadat die ouditeure nie die 2017-jaarstate wou afteken nie, sy bedanking aangebied en dit is op 5 Desember deur die toesighoudende direksie aanvaar, lui die jaarverslag.

Jooste is onlangs in die parlement deur Steinhoff uitgewys as die hoofverdagte in die transaksies wat die afgelope 14 maande in ’n forensies ondersoek onder die soeklig gekom het.

Jooste reageer nie op medianavrae nie.

Die jaarstate toon Jooste se totale vergoeding sou R133 miljoen in die boekjaar beloop het, ingesluit ’n jaarlikse bonus, ’n strategies bonus en ’n uitgestelde bonus.

Meer oor:  Steinhoff  |  Deloitte  |  Markus Jooste  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.