SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Maatskappye
Markus Jooste se ‘nemesis’ haal weer sy mes uit

Die sukkelende Steinhoff begin 2019 nie op ’n goeie noot nie, en het pas aangekondig ’n belegger het ’n aansoek in ’n hof oorsee gebring om ’n stokkie te steek voor die plan om sy reuse-skuldlas te herstruktureer.

Markus Jooste getuig in 2018 voor die parlementêre komitee oor finansies oor die Steinhoff-debakel. Foto: Jaco Marais

Netwerk24 het in Desember berig Steinhoff se skuldeiseres keur die skuldreëling goed

Dit het egter afgehang daarvan dat dit nie deur ’n krediteur in die hof teengestaan word nie. As dit nie teengestaan sou word nie, sou dit na verwagting op 11 Januarie in werking tree.

Steinhoff het vroegoggend Vrydag aangekondig ’n aansoek is deur LSW GmbH in die hof gebring teen die plan wat vir die herstrukturering van Steinhoff Europa AG (Seag) se skuld opgestel is.

Volgens Steinhoff maak LSW daarop aanspraak dat hy ’n krediteur van die maatskappy is.

Dit blyk LSW behoort aan Andreas Seifert. Seifert kan as die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, se nemesis beskryf word, of aldus dis hoe Jooste dit sien. Jooste het verlede jaar in die parlement al die skuld vir Steinhoff se probleme voor die deur van die Oostenryker Seifert gelê en gesê hy was ’n verkeerde vennoot waarmee Steinhoff sake gedoen het.

Lees hier: Jooste het ’n sondebok en sy naam is Seifert.

Ingevolge die reëling met die skuld kan die herstrukturering nie begin alvorens die regsgeding afgehandel is nie.

Louis du Preez, aangewese uitvoerende hoof van die Steinhoff-groep, het die goedkeuring in Desember as ’n kritieke mylpaal beskryf in die herstrukturering van die groep se skuldlas.

Meer oor:  Steinhoff  |  Lsw  |  Andreas Seifert  |  Markus Jooste  |  Hofsaak  |  Herstrukturering  |  Skuldlas  |  Aansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.