Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Markus Jooste vermy ondersoekers al 14 maande

14 maande, ’n forensiese verslag van 3 000 bladsye en 4 000 dokumente in aanhangsels tot die verslag later, kon PwC steeds nie vir Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, ondervra nie.

Markus Jooste onlangs by die Cattle Baron in Durbanville. PwC sou hom graag wou ondervra oor onreëlmatige transaksies by Steinhoff.

Dit is van die skokkende inligting in ’n verklaring van 11 bladsye wat Steinhoff kort voor 18:00 Vrydagmiddag oor die forensiese ondersoek uitgereik het.

Lees die verklaring self hieronder.

Steinhoff gaan begin om skadevergoeding te eis van die voormalige uitvoerende bestuurslede wat in die verslag geïmpliseer is en die groep is van voorneme om die bonusse wat aan sekere individue betaal is, te verhaal.

In die loop van sy werk, het PwC vrae gestuur aan of onderhoude gevoer met 22 huidige en voormalige direkteure en amptenare. Terugvoering is van al die huidige lede van die toesighoudende direksie en bestuursdireksie gekry wat reeds voor 6 Desember 2017 op die direksie was.

“Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, en sekere ander individue het hulself nog nie beskikbaar gemaak vir ’n onderhoud met PwC nie.”

’n Bron wat dele van verslag onder oë gehad het, sê die vingers wys, soos die afgelope jaar beweer is, na Jooste.

“As jy dink die omvang hiervan is groot, het jy nie ’n idee nie – dit is veel, veel groter as wat jy dink.”

Steinhoff sê in die verklaring die verslag toon “ ’n klein groep topbestuurders van Steinhoff het saam met mense buite die groep oor jare heen verskeie transaksies gestruktureer wat daartoe gelei het dat die groep se wins en bates oor ’n lang tydperk wesenlik oordryf is”.

Die ondersoek het ’n “patroon van kommunikasie” gevind wat toon hoe die topbestuur ’n klein groepie ander uitvoerende bestuurslede opdragte laat uitvoer het, dikwels met die ondersteuning van ’n klein groepie mense wat nié in diens van die groep was nie.

“Fiktiewe en onreëlmatige transaksies is gesluit met partye wat voorgehou is as derde partye onafhanklik van die groep en sy direkteure, maar wat nou blyk baie naby verwant te wees aan hulle, en sterk aanduidings bestaan dat hulle deur die klein groep mense beheer is.

“Fiktiewe en onreëlmatige inkomste is in baie gevalle by ’n tussenganger-Steinhoff-maatskappy geskep en dan toegewys aan bedryfsmaatskappye wat swak vertoon het, as sogenaamde bydraes wat verskillende vorme aangeneem het. Dit het óf die inkomste verhoog óf uitgawes verminder in daardie bedryfsmaatskappye.”

Nie een van dié uitvoerende bestuurslede is tans by die maatskappy nie.

Die direksie van Steinhoff het besluit om eise in te stel teen sekere individue wat vir die onwettige gedrag verantwoordelik is. Dit behels eise in verskillende lande waar hierdie onwettighede plaasgevind het.

Die direksie sê hulle wil seker maak die betrokke individue gaan opdok vir die eise wat teen Steinhoff ingestel is.

Die direksie sê van die volgende stappe is om “volle samewerking te gee in enige strafregtelike ondersoek teen diegene wat die onwettige dade gepleeg het”.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pwc  |  Markus Jooste  |  Winkelgroepe  |  Kleinhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.