Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Markus Jooste verskyn eers dan in die parlement
Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, gaan eers op 5 September in die parlement getuig.

Die hooggeregshof in Kaapstad het ’n hofbevel uitgereik nadat Jooste as applikant en die speaker van die parlement ’n ooreenkoms hieroor bereik  het.

Ingevolge die bevel sal die parlement sy dagvaarding aan Jooste om op 29 Augustus voor die staande komitee oor finansies te getuig, terugtrek.

Jooste sal nou op 5 September as die enigste getuie voor die staande komitees oor finansies, openbare rekeninge en openbare dienste en administrasie, asook die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid, getuig.

Ingevolge die hofbevel sal hy onder eed getuienis lewer en mag ondervra word om die komitees by te staan “om institusionele gebreke en probleme in bestaande finansiële wetgewing te identifiseer” of “probleme met die toepassing van finansiële wetgewing wat aanleiding kon gegee het of die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys kon veroorsaak het”.

“Dis bisar dat Markus Jooste nou gedagvaar gaan word om te help om die foute en uitdagings in die regulering van die finansiële stelsel te identifiseer,” het David Maynier, DA-LP en lid van die portefeuljekomitee oor finansies, gereageer.

 “Dis soos om koning Herodus te vra om om die foute en uitdagings in die regulering van kindersorggeriewe te identifiseer.”

Maynier sê dis ’n afwyking van die oorspronklike dagvaarding, wat van Jooste sou vereis om ’n oorsig te gee van die omstandighede wat tot die ineenstorting in Steinhoff se aandeelprys gelei het. Hy sou ook vrae moes beantwoord.

“Ons sal moet vasstel wat hieragter sit,” sê hy.

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Parlement  |  Steinhoff-Skandaal  |  Ondersoek  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.