Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Matjila blameer IT-hoof vir probleme met rekenaars
Die Openbare Beleggingskorporasie se hoofkantoor in Menlyn, Pretoria. Foto: Elvira Wood

Dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), blameer ’n voormalige hoof van inligtingstegnologie blatant van ongerymdhede – en beskryf haar tweede in bevel as ’n “junior”.

Matjila het Dinsdag vir die tiende dag voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK getuig.

Hy het ’n groot deel van die oggend gefokus op die e-posse wat onder die skuilnaam James Nogu gestuur is en kwessies betreffende die OBK se rekenaarstelsel.

Matjila het al herhaaldelik getuig hy weet nie wie Nogu is nie.

Gill Marcus, een van die kommissarisse, het Matjila gevra of hy met sy getuienis impliseer dat Vuyokazi Menye, die IT-hoof, by ongerymdhede betrokke was.

Hy het dit bevestig.

Volgens Matjila was dit ongehoord dat sy en haar span op 6 Julie 2017 deur die nag gewerk het om die OBK se rekenaarbedieners oor te bou. Hy sê dit is gedoen sonder dat die regte prosesse gevolg is en sonder om afdelings soos risiko en interne oudit daaroor in te lig.

Hy het geïnsinueer dat dit juis die herbou van die bedieners is wat later daartoe gelei het dat vertroulike inligting en dokumente uitgelek en onder meer aan Nogu en die media gestuur is.

Nogu het sy eerste e-pos op 31 Augustus 2017 gestuur waarin hy Matjila beskuldig van ’n romantiese verhouding met iemand wat ’n OBK-lening gekry het, asook ander ongerymdhede.

Adv. Jannie Lubbe, getuienisleier, het afskrifte van twee e-posse as bewysstukke ingedien wat Menye op 6 Julie aan alle OBK-werknemers gestuur het waarin sy waarsku oor groot probleme met die IT-stelsel weens ’n kragonderbreking.

’n Derde e-pos is die volgende oggend gestuur waarin sy sê die probleme is reggestel en die stelsel is weer beskikbaar.

Marcus het Matjila gevra of dit nie die risiko- en interne ouditafdeling se plig was om by Menye uit te vind watter stappe sy gaan doen om die stelsel te herstel nie. Matjila het hierop geantwoord dat Menye hulle nooit genooi het om dit te doen nie. Hulle het dit ook nie uit hul eie gedoen nie.

Matjila het ook voet by stuk gehou die deurnagsessie was nie geregverdig nie, selfs nie al was dit uit nood gedoen nie.

Op die vraag hoe hy ’n senior bestuurder as ’n “junior” kan beskryf, was Matjila se reaksie in vergelyking met ’n direksielid was Simphiwe Mayisela, voormalige hoof van IT-sekerheid van die OBK, wel ’n “junior”.

Mayisela is in Junie 2018 by die OBK geskors weens sy betrokkenheid by die Nogu-e-pos-drama.

Hy ontken ten sterkste dat hy Nogu is, veral aangesien hy eers by die OBK begin werk het nadat Nogu sy eerste e-pos gestuur het.

Op die vraag hoekom daar nooit ’n behoorlike dissiplinêre verhoor teen Menye was nie, het Matjila geantwoord Chris Pholwane, hoof van mensehulpbronne van die OBK, is die beste persoon om vrae hieroor te beantwoord.

Hy het wel erken dat hy die skikkingsooreenkoms van R7,4 miljoen met Menye namens die OBK onderteken het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.