SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Matjila: ‘Ek wou Guptas weghou van Independent’

Daar was kommer dat sou die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die Guptas toelaat om ’n belang in Independent Media te bekom, dit hulle sou help om hul “propaganda-masjinerie te versterk”.

Die OBK het dus nie die voorstel goedgekeur dat hulle ’n belang van 27,5% in Independent bekom nie.

Die OBK besit ’n belang in verskeie van Suid-Afrika se mediamaatskappye. Foto: Pixabay

Dit is die getuienis van dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die korporasie.

Matjila het Dinsdag voortgegaan om getuienis voor die kommissie te lewer tydens sy openbare sittings in Pretoria.

Matjila het getuig dat die Guptas, deur hulle The New Age, oorspronklik self een van die sowat 20 belangstellendes was om Independent in 2013 te bekom.

Hulle het volgens hom selfs die OBK om ’n lening vir die maatskappy genader.

Independent is egter aan dr. Iqbal Survé se Sekunjalo Investments verkoop.

Die OBK het in die proses self ’n 25%-belang vir R166,3 miljoen en voorkeuraandele ter waarde van R285 miljoen in Independent bekom.

Hy het ook sowat R206,9 miljoen aan Senkunjalo geleen.

Die OBK se totale blootstelling aan Independent is dus R888 miljoen.

Van die R206,9 miljoen moes Sekunjalo reeds R253,9 miljoen terugbetaal. Hy kan dit egter nie doen nie weens “swak marktoestande”, sê Matjila.

Die oorblywende R183 miljoen is terugbetaalbaar in 2020.

Matjila het erken dat dié belegging, wat grootliks met geld van die staatspensioenfonds (GEPF) gemaak is, het glad nie goed presteer nie.

Hy het ook getuig dat die GEPF van die begin af gesê het dat hy nie “gemaklik” is met die lening nie.

Die OBK het oorspronklik die GEPF genader vir goedkeuring vir die transaksie aangesien die oorspronklike voorstel was dat die OBK R2,2 miljard moes belê.

Die GEPF het in 2013 reeds die reël gehad dat die OBK sy toestemming moes kry sou hy ’n bedrag van meer as R2 miljard in ’n bate wat nie genoteer is nie, wou belê.

“Hoewel die GEPF nie die transaksie ondersteun het nie, is die OBK toegelaat om self ’n besluit te maak so lank daar nie meer as R2 miljard bestee word nie,” het Matjila getuig.

Die OBK se eie beleggingskomitee was ook glo nie ten gunste van die belegging nie.

Dit was eers na ’n kleiner bedrag onderhandel is, wat daar wel voortgegaan is daarmee.

Sagarmatha

Luidens Matjila se getuienis was die een plan hoe die OBK en Sekunjalo die uitstaande skuld kon herstruktureer, die notering van Sagarmatha Technologies.

Independent sou ’n filiaal van Sagarmatha word.

Dit sou die OBK die geleentheid gee om hom van Independent te onttrek deur direk in Sagarmatha te belê.

Die voorstel was dat die OBK teen R39,62 in dié maatskappy sou belê.

Die OBK se eie ontleders het egter bevind dat die aandele net R7,06 werd was.

Matjila het getuig dat dié verskil, asook die JSE se besluit om die aansoek van die hand te wys, was die redes hoekom Sagarmatha nooit genoteer het nie.

Luidens die JSE het Sagarmatha nié aan die Maatskappyewet voldoen nie.

LEES OOK: Dís hoekom Survése Sagarmatha nie kon noteer

Behalwe vir die belang in Independent (uitgewer van onder meer The Star, Cape Times en Cape Argus), 11% van Tiso Blackstar (wat onder meer Sunday Times en Business Day uitgee), 16,5% van Naspers (moedermaatskappy van Media24, met publikasies soos Huisgenoot, Sarie en Netwerk24) en 0,95% van Caxton (onder meer rooi rose, Vrouekeur, Essentials en verskeie plaaslike koerante).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.