Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Maria Ramos op nuwe OBK-direksie

Tito Mboweni, minister van finansies, het eindelik ’n nuwe direksie vir die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aangestel.

Tito MboweniFoto: Adriaan de Kock

Dit is egter slegs ’n waarnemende direksie wat van 12 Julie 2019 tot 31 Julie 2020 in plek sal wees.

Die tesourie sê Woensdagmiddag laat in ’n verklaring die aanstelling is in oorleg met die kabinet gedoen.

Die direksie sal ’n voorsitter en adjunkvoorsitter op hul eerste vergadering kies. Hulle moet self die vergadering belê. Tradisioneel word die minister van finansies se eie adjunk as voorsitter aangewys, berig Bloomberg. Dit is dus 'n groot hupstoot vir die onafhanklikheid van die OBK se direksie, wat ook nou vir die eerste keer verteenwoordigers van vakbonde insluit.

Die lede is:

  • Sindi Mabaso-Koyana, voorsitter van AIH. Sy is tans ook ’n nie-uitvoerende direkteur by Eskom en by MTN Zakhele Futhi. Mabaso-Koyana is ’n geoktrooieerde rekenmeester;
  • Irene Charnley, uitvoerende hoof van Smile Telecoms;
  • Tshepiso Moahloli, hoofdirekteur verantwoordelik vir aanspreeklikheidsbestuur by die tesourie;
  • Maria Ramos, voormalige uitvoerende hoof van Absa en nou direkteur by AngloGold Ashanti;
  • Barbara Watson, hoofdirekteur verantwoordelikheid vir diversiteitsbestuur by die departement van staatsdiens en administrasie;
  • Ivan Fredericks, hoofbestuurder van Fedusa;
  • Zola Saphetha, hoofsekretaris van Nehawu;
  • Bhekithemba Gamedze, lid van die raad van trustees van die staatspensioenfonds (GEPF);
  • Dr. Angelo David Sabelo de Bruin;
  • Prof. Bonke Dumisa, professor in regte verbonde aan die Universiteit van Zululand;
  • Adv. Makhubalo Ndaba, lid van die raad van trustees van die GEPF;
  • Dr. Reuel Khoza, voorsitter van Dzana Investments en AKA Capital;
  • Mugwena Maluleke, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie;
  • Pitsi Moloto (heraanstelling); en
  • Xolani Mkhwanazi (heraanstelling).

* Die tesourie het Donderdagoggend in 'n persverklaring gesê Maluleke se naam was per ongeluk nie in die oorspronklike aankondiging ingesluit nie. Sy besonderhede is sedertdien by die artikel ingesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.