Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mediclinic kan uiteindelik 2 hospitale koop

Die Mediclinic-groep het nou ná ongeveer vyf jaar die groen lig gekry om twee hospitale in Klerksdorp, Noordwes, oor te neem.

PRETORIA, SOUTH AFRICA - APRIL 05:  The name Heart
Mediclinic se harthospitaal in Johannesburg. Foto: Getty Images

Die genoteerde groep het aangekondig goedkeuring is gekry vir die verkryging van ’n beherende belang in Matlosana Medical Health Services van Klerksdorp, wat twee hospitale hier besit.

Dit sluit in die Wilmed Park-hospitaal met 185 beddens en Sunningdale met 62 beddens.

Die verkryging sluit ook in ’n 51%-belang in die Parkmed Neuro Clinic- psigiatriese hospitaal, wat 50 beddens het.

Die verkrygingsproses het in 2015 begin en het tot in die Mededingingsappèlhof gedraai, wat dit nou uiteindelik goedgekeur het nadat Mediclinic eers nie toestemming daarvoor gekry het nie.

Netwerk24 het ’n jaar gelede berig die Mededingingstribunaal het ’n stokkie gesteek voor sy planne om die hospitale oor te neem.

LEES OOK: Mediclinic se oorname van 2 hospitale verbied

Die twee hospitaalgroepe het reeds in September 2016 die Mededingingskommissie van die beoogde verkryging in kennis gestel. ’n Jaar later het die kommissie aanbeveel die tribunaal verbied die transaksie omdat dit volgens hulle tot hoër koste vir gesondheidsorg sou lei.

In Augustus 2019 het Rapport berig die saak gaan na die mededingingsappèlhof nadat Mediclinic daarteen geappelleer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.