Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mediclinic kry hospitale in Noordwes
Mediclinic het nou hospitale in Noordwes.

Die private hospitaalgroep Mediclinic het uiteindelik die Wilmed Park- en Sunningdale-hospitaal in Klerksdorp, Noordwes, in sy stal nadat die mededingingsappèlhof verlede week in Mediclinic se guns beslis het.

Mediclinic en Matlosana Medical Health Services Proprietary Limited (MMHS), wat onder meer die twee hospitale besit, het geappelleer teen ’n vorige besluit van die Mededingingskommissie en -tribunaal wat gesê het hulle mag nie saamsmelt nie.

In ’n verklaring sê Mediclinic hy het nou die beherende aandeel in MMHS. Daardeur bekom hy die twee multidissiplinêre hospitale, asook ’n belang van 51% in die Parkmed-neurokliniek, ’n psigiatriese hospitaal met 50 beddens.

Wilmed Park (met 185 beddens) en Sunningdale (62 beddens) bedien groot dele van Noordwes en die Noord-Vrystaat.

Rapport het vroeër berig as die transaksie deurgevoer word, sal Mediclinic 63% van die mark in die streek beheer.

Koert Pretorius, uitvoerende hoof van Mediclinic in Suider-Afrika, sê hulle is verheug oor die besluit omdat die groep glo sy sorgaanbieding in Noordwes sal tot voordeel van die gemeenskap wees.

“Die Wilmed Park-hospitaal word al lank erken as een van die beste hospitale in Noordwes. Die bestuurspan sal aanbly om te verseker die hoë vlakke van sorg gaan voort onder die Mediclinic-vaandel.”

Die mededingingsappèlhof het bepaal daar moet ’n klein persentasie afslag wees op Mediclinic-tariewe vir ’n tydperk van vyf jaar, wat ooreenstem met voorstelle wat die samesmeltende partye aan die Mededingingstribunaal voorgestel het, sê Mediclinic.

Pretorius sê Mediclinic glo die samesmelting sal die gehalte van kliniese sorg verbeter, pasiënte se ervaring verbeter en tot laer koste vir hospitaaldienste in Klerksdorp lei. Pasiënte se verhouding met dokters en finansiers sal voortgaan soos onder die vorige eienaars.

Meer oor:  Mediclinic  |  Gesondheid  |  Hospitaal  |  Hospitaalgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.