Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mediclinic verwag vlaag op vlaag Covid-19-gevalle

Mediclinic verwag verdere vlae van infeksies gaan in die komende maande die lande tref waarin hy bedrywig is – insluitend Suid-Afrika.

Die Mediclinic op Stellenbosch.

Die hospitaalgroep het sedert die pandemie begin het nog nie volkome ’n herstel in inkomste en wins begin sien nie.

Dr. Ronnie van der Merwe, uitvoerende hoof van die groep, sê egter in ’n handelsoorsig die groep glo nie dit gaan weer sy inkomste en wins laat daal nie.

“Ons is in ’n goeie posisie om inkomste en bedryfswins in die komende boekjaar te laat groei ondanks verdere vlae van die pandemie wat in die volgende paar maande verwag word, veral in Switserland en Suider-Afrika,” sê hy.

Die hospitaalgroep, wat in Mei sy finansiële resultate vir die pas afgelope boekjaar uitreik, het ’n herstel in inkomste en winsmarges begin beleef die afgelope maande nadat lesse wat met die eerste vlaag geleer is, toegepas is.

“Ten spyte van die erger tweede vlaag van die pandemie het ons goed aangepas om ’n stewige vertoning in die tweede helfte van die boekjaar te lewer en inkomste met sowat 1% te verhoog,” sê Van der Merwe.

Die streng inperkings en beperkinge in die eerste helfte van sy boekjaar het egter sy tol geëis op die resultate van die volle boekjaar. Die inkomste het in die eerste helfte met amper 7% gedaal. Dit het meegebring dat sy inkomste vir die boekjaar met 3% gedaal het.

Die toename in die gebruik van persoonlike beskermende toerusting, die prysverandering in produkte wat in die hospitale gebruik word en die meer personeel wat benodig is weens die isolasie- en kwarantynvereistes het bedryfskoste verhoog vergeleke met die vorige boekjaar.

Dít, tesame met die daling in inkomste, het die bedryfswinsmarge (voor finansieringskoste en waardevermindering) laat krimp vir die boekjaar, maar ’n herstel is in die laaste ses maande beleef.

“Die sterker vraag in die tweede helfte van die jaar het ’n verbetering in die winsmarge ondersteun.”

’n Paar syfers toon SA is nog nie heeltemal op dreef

Inkomste: In Suid-Afrika het Mediclinic se inkomste vir die boekjaar met 9% gedaal. Dit volg nadat inkomste in die tweede helfte met 1% gegroei het ná die daling van 18,7% in die eerste halfjaar.

Die bedryfswinsmarge het van 20,8% in die vorige boekjaar tot 14% gedaal. In die eerste helfte het die bedryfswinsmarge 8,2% beloop en dit het tot 19% herstel in die tweede helfte.

Pasiëntdae: Die handelsoorsig toon ’n herstel is nog nie volkome in die tweede helfte in betaalde pasiëntdae in hospitale beleef nie. Pasiëntdae het met 25% in die eerste helfte geval en met 5% in die tweede helfte. Dit het die dae wat pasiënte in die hospitaal bestee het, met gemiddeld 15% afgetrek vir die boekjaar.

Meer oor:  Hospitaal  |  Covid-19  |  Infeksiekoers  |  Mediclinic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.