Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Meer as 800 poste in gedrang by Absa

Absa gaan sy banke herstruktureer om ’n nuwe strategie in werking te stel en dit kan werkverliese vir honderde mense meebring.

Groot veranderinge is besig om plaas te vind in die bankbedryf en ou banke soos Absa kry al meer mededinging. Foto: Getty Images

Die vakbond vir die finansiële sektor Sasbo is verlede week in kennis gestel om personeel te begin konsulteer, het die verteenwoordiger Philip Landman, gesê.

Gesprekke tussen Sasbo, Absa en personeel is nog nie afgehandel nie, maar potensieel is 827 poste in gedrang.

’n Kennisgewing van die maatskappy het aangedui sowat 340 mense gaan tydens die herstrukturering herontplooi word.

Verlede jaar het 15 topbestuurders in die kleinhandelbank hul poste verloor toe ’n proses begin is om die bank se topstruktuur te verminder.

“Op die oomblik probeer ons nog bepaal of wat die bank sê die rede vir die herstrukturering is meriete het en of die herstrukturering heeltemal onnodig is.”

Absa het in reaksie gesê dit is te vroeg om te bepaal hoeveel mense die bank gaan verlaat omdat eers gesien moet word hoeveel mense in nuwe rolle aangestel gaan word.

Die bank het gesê dit sal sowel nuwe geleenthede en oorbodigheid meebring.

Absa sê die verandering hou nie met afleggings verband nie, maar met ’n nuwe strategie.

Die kleinhandel- en die handelsbank van Absa dra meer as die helfte van Absa se wins by.

Die afdeling se uitvoerende hoof, Arrie Rautenbach, is ’n jaar gelede aangestel en hy fokus daarop om eiendomslenings te verhoog, koste te verminder en die produkte wat aan kliënte verkoop word, te vermeerder. – Bloomberg

Meer oor:  Absa  |  Sasbo  |  Herstrukturering  |  Poste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.