Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Meer Gatwick-vlugte kom volgende jaar
’n Boeing 777 van British Airways op die aanloopbaan van die Gatwick-lughawe in Londen.Foto: British Airways

British Airways vlieg van Januarie volgende jaar ’n ekstra twee vlugte per week tussen Londen en Kaapstad.

Hy sal dan pleks van drie keer per week vyf keer per week tussen die Gatwick-lughawe in Londen en Kaapstad vlieg, het die lugdiens Donderdag aangekondig.

Dit kom nadat sy mededinger Virgin Atlantic Woensdag aangekondig het hy vlieg van Oktober vanjaar tot April volgende jaar daagliks tussen die Heathrow-lughawe in Londen en Kaapstad.

British Airways is wel die enigste lugdiens wat deur die jaar tussen Londen en Kaapstad vlieg. Hy vlieg reeds een keer per dag tussen Heathrow en Kaapstad, en sal dié vlugte ook oor die somervakansieseisoen verdubbel tot twee keer ’n dag.

Die totale aantal vlugte tussen Kaapstad en Londen sal dan 19 per week wees.

“Ons bied altesaam 36 vlugte per week tussen Brittanje en Suid-Afrika. Bykomend tot die 19 vlugte na Kaapstad, vlieg ons twee keer per dag tussen Johannesburg en Londen met ons grootste vliegtuig, die Airbus A380. Ons vlieg ook drie keer per week tussen Londen en Durban,” sê Cristina Graham, handelsbestuurder van British Airways vir Suider-Afrika.

Die ekstra vlugte tussen Gatwick en Kaapstad sal van 10 Januarie 2021 tot 24 Maart 2021 aangebied word, sê British Airways.

Meer oor:  British Airways  |  Gatwick
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.