Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Meer opsies as ooit vir gesonde geriefskos
UCook se vegetariese herderspastei.

Verkope van sogenaamde geriefskos – voorbereide maaltye wat tuis net voor ete oopgemaak, gebak of verhit word – styg die afgelope paar jaar in dubbelsyfers.

Daarmee saam is daar ’n al hoe groter vraag na sogenaamde real food, kos wat vars bestanddele eerder as verwerkte produkte bevat.

UCook, ’n Suid-Afrikaanse onderneming wat reeds bekend is vir sy weeklikse aflewering van vars produkte pasklaar vir spesifieke geregte by verbruikers se huise, bied nou ook sy eie reeks gaar gekookte kos aan. Dit gaan ook in sekere supermarkte te koop wees.

“Die reeks maaltye het ontstaan uit die begrip dat mense nie altyd die energie of inspirasie het om elke dag van die week ’n voedsame, heerlike en gebalanseerde maaltyd voor te berei nie – veral nie gegewe die bykomende spanning waarmee ons almal vanjaar te make het nie,” sê Christopher Verster-Cohen, medestigter van UCook.

UCook se bereide maaltye is saamgestel deur ’n verskeidenheid gerekende sjefs van oor Suid-Afrika heen.

Kevin Joseph, uitvoerende sjef van The Oyster Box in Umhlanga in KwaZulu-Natal, het UCook se kerriebredie ontwikkel.

Lapo Magni van Lapo’s Kitchen in Kaapstad het ’n lasagne ontwikkel terwyl die sjef en televisiepersoonlikheid Sarah Graham ’n vegetariese herderspastei geskep het.

UCook is nie al onderneming wat probeer voordeel trek uit die jongste gier van klaar voorbereide, gesonde maaltye nie.

Die genoteerde kosmaatskappy Libstar vervaardig reeds ’n verskeidenheid voorbereide maaltye en bakprodukte spesifiek gemik op verbruikers in die middel- tot hoërinkomstemark.

Supermarkgroepe, waaronder Checkers en Woolworths, het ook in die laaste paar jaar begin om hul aanbod voorbereide maaltye aansienlik uit te brei.

Van pasteitjies, vars soppe, braaihoender, spaghetti bolognase, lasagne en vele ander maaltye kan nou gaar en gereed vir die etenstafel by supermarkte aangeskaf word.

Woolworths verkoop ook deesdae “kospakkies” wat op ’n weeklikse basis roteer. Dit bevat al die bestanddele wat nodig is om ’n spesifieke maaltyd self by die huis te maak, resep inkluis.

UCook se maaltye is vir eers net by sommige Pick n Pay-winkels in die Wes-Kaap beskikbaar.

Meer oor:  Woolworths Food  |  Checkers  |  Ucook  |  Winkels  |  Supermark  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.