Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lewer jy belangrike diens? Registreer só of laai permit af

Ondernemings wat ’n noodsaaklike diens gaan lewer, sal vir goedkeuring moet aansoek doen om tydens die inperking handel te dryf.

Leonard
'n Verbruiker vandeesweek in 'n winkel met haar trollie vol inkopies. Foto: Jaco Marais

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, sê hierdie ondernemings moet by die kommissie van maatskappye en intellektuele eiendom (CIPC) om goedkeuring aansoek doen.

Die webtuiste is www.bizportal.gov.za. Klik op “Essential Service Businesses”. Die diens behoort vanaf 26 Maart aan die begin van die werkdag beskikbaar wees.

’n Sertifikaat sal verkry word van die CIPC wat hulle sal toelaat om in die tydperk handel te dryf.

Patel beloof die aansoek sal ’n eenvoudige verklaring wees van ’n onderneming wat die minimum registrasiebesonderhede benodig soos die tipe onderneming en handel waarby betrokke is, wat die handelsnaam is (indien enige) en of aan die vereistes voldoen word soos wat in die lys van noodsaaklike dienste vervat is.

Die lys van noodsaaklike dienste is Woensdag in ’n regulasie uitgereik. Sien hier die regulasies

Die kontakbesonderhede van die persoon wat aansoek doen asook die aantal personeel wat in die tydperk gaan werk, moet verskaf word.

Die CIPC sal dan ’n sertifikaat aan ’n onderneming per e-pos stuur.

“Die sertifikaat sal as bewys kan dien vir owerhede of ’n onderneming beslis toestemming het om handel te dryf en sy personeel onbelemmerd mag beweeg.”

Die onbelemmerde beweging sal slegs geld vir dié ondernemings wat aansoek gedoen het.

Brief vir werkers

Let ook daarop dat 'n brief (of permit) werkers van sulke ondernemings sal moet vergesel wat saam amptelike identifikasie (soos jou ID) getoon moet kan word. 

Lees asseblief die regulasies (wat hier bo in die skakel is) want die riglyne vir die permit word daarin uiteengesit. 

KLIK HIER EN LAAI DIE PERMIT AF

Misdaad

Hy het benadruk dat as ’n vals aansoek gedoen word en dit nie ’n noodsaaklike diens is soos die regulasie bepaal nie, kan dit as bedrog beskou word. Strafregtelike stappe sal teen so persoon gedoen word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.