Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mense kla, maar DStv kry nog 1,2 miljoen kykers

Ondanks stygende pryse en ’n koor van ongelukkige kykers (insluitende Steve Hofmeyr), kon MultiChoice steeds daarin slaag om sy aantal DStv-intekenare in die ses maande tot einde September met 1,2 miljoen op te stoot.

Dit is 7% meer as ’n jaar gelede.

MultiChoice se inisiatiewe om koste te besnoei is besig om vrugte af te werp en die maatskappy kon reeds R700 miljoen spaar.

Sowat 600 000 daarvan is net in Suid-Afrika. MultiChoice maak nie melding by watter van sy pakkette dié intekenare aangesluit het nie.

Hy het Maandag sy tussentydse resultate uitgereik.Namate sy aantal kykers toeneem, styg sy inkomste ook en is dit 4% hoër op R25,7 miljard.

“Ons is tevrede met ons goeie finansiële prestasie en ons vermoë om ’n baie uitdagende ekonomiese klimaat die hoof te bied,” sê Calvo Mawela, uitvoerende hoof.

Volgens Mawela is MultiChoice se inisiatiewe om koste te besnoei ook besig om vrugte af te werp en kon die maatskappy reeds R700 miljoen daardeur bespaar.

Dit sluit in ’n doelbewuste skuif na meer plaaslike inhoud wat goedkoper is om te vervaardig en strawwer onderhandelinge met internasionale verskaffers van programmateriaal.

MultiChoice het in Oktober tot groot verbasing aangekondig hy sluit drie gewilde kanale, insluitende Crime + Investigation en History, omdat onderhandelinge met die kanale se Amerikaanse eienaar, A+E Networks, ’n dooiepunt bereik het.

Ter elfder ure voordat die kanale van die lug sou verdwyn, is ’n ooreenkoms egter beklink, maar net vir History en Lifetime, nog ’n kanaal wat in die weegskaal was.

Mawela maak ook melding van “innovasie in kliëntediens” as ’n segment waar die maatskappy koste die afgelope halfjaar kon besnoei.

Dit het in Junie aan die lig gekom die maatskappy het begin met die proses om 2 194 werknemers by sy winkels en inbelsentrums af te lê as deel van ’n grootskaalse herstruktureringsproses.

Sover bekend vind onderhandelinge tussen MultiChoice en die betrokke vakbonde nog plaas oor die werkers wat deur die afleggings geraak word.

Sy digitale stromingsdienste insluitende Showmax en DStv Now het ook “goeie groei” getoon, sê die maatskappy, hoewel hy steeds nie spesifieke syfers bekendmaak nie.

Sy handelswins is ’n stewige 22% meer op R4,8 miljard terwyl sy kernwesensverdienste R1,9 miljard beloop.

Die maatskappy sê hy beplan om in die tweede helfte van die boekjaar meer oorspronklike inhoud te vervaardig en meer kykers na sy stromingsdienste te lok.

Een van DStv se duurste produksies nóg, Trackers, kry reeds groot aftrek en word Sondae op M-Net gewys.

MultiChoice se aandeelprys was laat Maandagmiddag bykans 1% laer op R132,67.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Showmax  |  Steve Hofmeyr  |  Calvo Mawela  |  Stromingsdienste  |  Intekenare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.