Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Merc toets die prysgrens met sy Project ONE
Mercedes-Benz AMG se Project One.

Terwyl Ferrari ’n nuwe “intreevlak”-supermotor bekend stel, wil Mercedes-Benz die mark se boonste prysvlak toets met sy Project ONE.

Albei hierdie motors is van kritieke belang vir albei die motorvervaardigers se strategiese toekomsplanne.

Ferrari se Portofino kos sowat €196 000, wat net 3% meer is as die California, dié afslaankapmotor se voorganger.

Daarteenoor kos die Project ONE van Mercedes se AMG-afdeling, wat Formula 1-hibriede tegnologie bevat, sowat €2,2 miljoen.

Ferrari hoop dat die Portofino sy verkope ’n hupstoot kan gee tot 9 000 motors in 2019, meer as die teiken van 8 400 vir 2017.

Vir Daimler, die moedermaatskappy van AMG, en sy uitvoerende hoof, Dieter Zetsche, is die AMG-naam van uiterste belang om te wys dat sy geëlektrifiseerde motors steeds as luuks en sportief beskou sal word.

Om eksklusiwiteit te behou gaan AMG slegs 275 van die Project One vervaardig. Dié supermotor het ’n topspoed van 350 km/h. En in ooreenstemming met Mercedes se planne vir elektriese motors sal die V6-enjin aangevul word deur hibriede inprop-tegnologie.

Die Project One het twee sitplekke en kan in ses sekondes 200 km/h bereik.

“Die doelwit is vooruitstrewende tegnologie, die beste vertoning, die vinnigste skoftye,” het Zetsche Maandagaand gesê by die bekendstelling van die Project One. “En dit alles padwaardig.”

Ferrari se Portofino.

Ferrari het die afgelope paar jaar sy verkope geleidelik opgestoot om sy wins te probeer verbeter en die doelwit is om uiteindelik jaarliks meer as 10 000 motors te verkoop.

Verkope van die Portofino sal sowat 3 200 motors per jaar wees, oftewel 40% meer as die verkope van die California in 2017, volgens die navorsingsmaatskappy HIS Markit. Die Portofino sal van 0 tot 100 km/h in slegs 3,5 sekondes kan versnel.

Hoewel Ferrerai se groeiplanne die risiko inhou dat dit die handelsnaam se eksklusiwiteit kan verwater, vul Sergio Marchionne, uitvoerende hoof van Ferrari, die strategie aan met eksklusiewe en beperkte modelle soos die LaFerrari Aperta wat ’n prys van $2,1 miljoen het.

Marchionne wil die maatskappy se wins volhou deur ’n nuwe vyfjaarplan in 2018 bekend te stel en om die maatskappy volhoubaar te hou te midde van ’n bedryf wat sukkel met die oorgang na elektriese motors.

Dié sakeplan gaan waarskynlik “nutsvoertuie” by Ferrari se modelle voeg, volgens Marchionne, wat die term “SUV” vermy.

Die aanvanklike fokus gaan wees op ’n groter viersitplekmodel as deel van die uitbreiding verder as sy tradisionele supermotors. Dit is ook deel van Ferrari se planne om sy wins teen 2022 te verdubbel.

- Bloomberg

Meer oor:  Mercedes-Amg  |  Ferrari  |  Motors  |  Motorbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.