Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Metair belê in Duitse batterye
Metair vervaardig onder meer motorbatterye. Foto slegs ter illustrasie: Pixabay

Die nywerheidsgroep Metair het sy internasionale voetspoor vergroot deur ’n belang van 25,1% in ’n Duitse batteryvervaardiger te bekom.

In ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê dié vervaardiger van motoronderdele en batterye hy het die belang in die Duitse firma Moll vir €7,425 miljoen verkry.

Metair, wat reeds fabrieke in Suid-Afrika, Roemenië en Turkye het, het verlede jaar ook ’n meerjarige kontrak van Daimler in Duitsland losgeslaan.

Theo Loock, besturende direkteur van Metair, sê dié nuutste verkryging is deel van ’n strategie om die maatskappy internasionaal te laat uitbrei.

“Dit stel ons in staat om ’n teenwoordigheid naby ons Europese klante te hê en brei ons reikwydte uit deur groter toegang tot Europa en Asië te bewerkstellig.”

Hy voeg by dat die maatskappy sy produkreeks ook nou kan uitbrei. Die verkryging stel Metair in staat om batterye vir onder meer elektriese fietse, twee- en driewielvoertuie asook elektriese voertuie te verskaf.

“Dit gee aan Metair ook ’n klein maar deurslaggewende voet in die deur na die Chinese mark waar ons hoop om in die toekoms tegnologiese samewerking te bewerkstellig.”

Moll, wat in 1945 gestig is, is ’n bekende batteryverskaffer vir die motorbedryf en vir handelsvoertuie. Die maatskappy vervaardig ’n reeks batterye by sy aanleg in Bad Staffelstein in Duitsland en verskaf batterye aan Europese motorreuse soos Audi, Daimler, Porsche, Skoda, SEAT, Lamborghini, Leibner en Volkswagen.

Moll het ’n verspreidingsnetwerk oor Europa en Asië heen deur drie groothandelaars en sowat 280 werknemers.

’n Chinese maatskappy, Chaowei het in 2013 ’n belang in Moll verkry en sedertdien het die twee maatskappye saam batterye vir die Chinese mark ontwikkel. Albei is betrokke by die ontwikkeling van die mark vir nuwe motorbatterytegnologie (stop-ry-tegnologie) – soos ook Metair. Dié tegnologie skakel die onnodige luier van motorenjins uit en Loock voorspel dat dié tegnologie teen 2020 meer as 50% van die mark sal behels.

’n Tegniese samewerkingsooreenkoms vorm deel van die Moll-transaksie en dit sal die oordrag van tegnologiese ontwikkeling tussen Moll en Metair vergemaklik.

Meer oor:  Metair Investments  |  Motors  |  Motorbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.