Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Metair en UWK se projek hou SA aan voorpunt
Van links is Lunfeng Huang (battery-ingenieur), prof. Bernard Bladergroen, adjunkdirekteur van die South African Institute for Advanced Materials Chemistry (SAIAMC), en Theo Loock, besturende direkteur van Metair by die laboratorium waar die batterye by die Universiteit van Wes-Kaapland vervaardig kan word.

Die nywerheidsgroep Metair vat hande met universiteite in Suid-Afrika, Roemenië en Turkye om plaaslike intellektuele eiendom te benut.

Die groep wat onder meer motorbatterye vervaardig, sê in ’n verklaring hy stel ’n program bekend om litium-ioon (LiIon)-batterye in die drie lande te produseer wat plaaslike grondstowwe en intellektuele eiendom sal benut.

Vennootskappe word met plaaslike universiteite en bedryfsagentskappe gesluit om produksie en sertifisering te doen.

“Dit is ’n belangrike skuif vir Metair wat altyd beskikbare LiIon-oplossings van verskaffers verder aan in die vervaardigingsketting verkry het,” sê die groep in ’n verklaring.

In Suid-Afrika sal Metair saam met die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) werk waar die South African Institute for Advanced Materials Chemistry (SAIAMC), die enigste gidsprojek vir die vervaardiging van LiIon-batteryselle in Afrika het.

Ingevolge die vennootskap met Metair sal die maatskappy R3 miljoen oor die volgende drie jaar investeer om die prototipe litiumproduksie van Januarie volgende jaar te begin.

Produksie sal op produkte soos selle vir mynkoplampe, LiIon-motorbatterye en batterye vir die herlaai van sonkragpanele fokus.

Die opberging van energie is ’n belangrike fokusgebied vir baie internasionale bedrywe, sê Theo Loock, uitvoerende hoof van Metair.

“Suid-Afrika is aan die voorpunt van die LiIon-tegnologie vir batterye. Ons glo dit moet gehandhaaf word gegewe die internasionale verskuiwing na elektriese voertuie en hernubare energiebronne wat op plaaslike grondstowwe en produksiegeriewe staatmaak om koste te verminder.”

Meer oor:  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.