Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Minder nikotien in sigarette kan BAT knou

British American Tobacco (BAT) se aandeelprys het Vrydag skerp geval nadat Amerika se Food and Drug Administration (FDA) daarop gesinspeel het dat hy streng perke gaan stel op die nikotien-inhoud van tradisionele sigarette.

Sigaretvervaardigers vrees strenger regulasies teen nikotien. Foto: Reuters

BAT het in ’n stadium 5,4% verloor en Imperial 7%. Albei dié firmas is in Londen genoteer; BAT het ’n sekondêre notering op die JSE.

Lynn Hull, ’n farmakoloog van die FDA, het Donderdag in ’n lesing nuwe studies bekend gemaak wat wys as die hoeveelheid nikotien in ’n sigaret met tot 96% verminder word, sal die openbare gesondheid aansienlik verbeter.

Die lesing het die bespiegeling laat opvlam dat die FDA die perke vroeër eerder as later wil instel, hoewel Hull gesê het dit verteenwoordig nie nou die FDA se amptelike posisie nie.

Die FDA het wel in Maart al gesê hy wil ’n voorstel oor die vermindering van nikotien doen, maar toe het ontleders gesê dit kan jare neem voordat dit van krag word.

“Deur sigarette minimaal verslawend te maak, kan die sterftes wat deur rook veroorsaak word, aansienlik verminder word,” het Hull gesê.

Nagenoeg 480 000 mense sterf jaarliks in die VSA weens rook.

BAT vervaardig onder meer Lucky Strike en Dunhill en Imperial vervaardig onder meer Winston en Gaulloises.

Die grootste tabakgroep ter wêreld, Altria, met Marlboro en Benson & Hedges in sy stal, het Donderdag in New York 2,9% laer gesluit.

Die lesing is voor die sluiting van die mark in New York gelewer. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  British American Tobacco  |  Bat  |  Rook  |  Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.