Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Minder oorsese staal nou in SA gestort

Die plaaslike vraag na staal bly traag, maar dit lyk asof die storting van goedkoop staal uit ander lande uiteindelik taan, deels danksy die uitwerking van invoertariewe op sekere produkte wat in 2017 ingestel is.

Die storting van goedkoop staal het remme aangeslaan.

ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) sê die invoer van staal na Suid-Afrika was in die derde kwartaal van 2018 7% laer as in dieselfde kwartaal van 2017.

Amsa het die afgelope kwartaal heelwat meer staal uitgevoer as ’n jaar gelede danksy sterker ekonomiese groei wêreldwyd. Ongelukkig verteenwoordig uitvoer minder as 20% van Amsa verkope.

Die maatskappy sê ook die erge wisselvalligheid in die rand-dollar-wisselkoers het ’n groot invloed op sy sake.

Die maatskappy het in die derde kwartaal van die jaar 4,8% meer, oftewel byna 1,3 miljoen ton, vloeibare staal geproduseer. Hy het in die kwartaal 85% van sy produksievermoë ingespan, teenoor 81% in dieselfde kwartaal van 2017.

  • Plaaslike staalverkope het met 2,8% tot 887 000 ton gestyg.
  • Uitvoerverkope het met 6,4% tot 215 000 ton gestyg. Die swakker rand as ’n jaar gelede het in dié kwartaal in sy guns getel.
  • Dit bring die totale verkope op 1,102 miljoen ton, 3,5% meer as ’n jaar gelede, te staan.

Wat Amsa se ander produkte betref, is daar slegte nuus. Die maatskappy het 8,5% of 43 000 ton minder kookssteenkool geproduseer en 14,3% minder verkoop.

Die maatskappy het 5% minder teer verkoop, oftewel 19 000 ton.

Die daling in die produksie kookssteenkool en teer is weens beplande herstelwerk by die aanleg in Pretoria.

Meer oor:  Arcelormittal Sa  |  Amsa  |  Staalbedryf  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.