Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moeilike pad lê nog vir restaurante, hotelle voor

Hoewel restaurante en die toerismebedryf se klante stadigaan begin terugkeer, bly die sakevertroue in dié twee bedrywe steeds laag.

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) het onlangs die resultate bekend gemaak van sy peiling oor sakevertroue onder sy afdeling “ander dienste”, naamlik hotelle, restaurante en vervoer- en eiendomsondernemings, wat toon dat die sakevertroue ’n derde agtereenvolgende kwartaal gestyg het.

Restaurante begin weer meer klante kry. Foto: Pixabay

Hoewel dit goeie nuus is, is dit steeds baie laer as 2020 voordat die pandemie die land getref het.

In die vorige kwartaal het sakevertroue op 27 punte gestaan. Dit het nou tot 30 in die eerste kwartaal van 2021 gestyg. Dit is ook baie beter as die laagste punt van sewe toe die land gedurende die tweede kwartaal van 2020 onder sy strengste inperking was. Dit bly egter steeds ver onder die langtermyngemiddeld van 53, waar sakevertroue voor die Covid-19-pandemie gestaan het.

’n Punt van 30 wys ook dat slegs drie uit elke tien deelnemers die heersende saketoestande as bevredigend beskou.

Restaurante en toerismeondernemings veral het in die eerste kwartaal nie te waffers gevaar nie. Mense het steeds nie na restaurante gestroom nie en die verbod op alkoholverkope en die vroeë aandklokreël in Januarie het nie gehelp nie.

Inligting van Statistieke Suid-Afrika wys byvoorbeeld dat die reële inkomste van restaurante van Februarie 2020 tot April 2020 van R2,5 miljard tot nul gedaal het. In Desember 2020 het dit tot R1,7 miljard herstel, maar weer in Januarie 2021 tot R1,2 miljard teruggesak, wat ongeveer die helfte is van wat dit was voor die pandemie.

k

Soos die virusinfeksies begin gedaal het en inperkings gelig is, het restaurante meer besoekers in die tweede helfte van Februarie begin kry.

Die afwesigheid van internasionale toeriste, asook die inperkings weens Covid-19 wat ’n beperking op mense by byeenkomste geplaas het, die sluiting van strande behels het en boonop tot ’n angstigheid onder die publiek gelei het, het die gasvryheidsbedryf, konferensies en uitstallings en die toerismebedryf swaar getref.

Statistieke SA se syfers toon dat oornag-toeriste in Suid-Afrika (uitgesluit die res van Afrika) van 249 000 in Februarie 2020 tot 37 000 in Desember 2020 afgeneem het. In Januarie vanjaar was die getal 14 000.

Die aantal mense wat op die Suid-Afrikaanse paaie gereis het, het ook afgeneem van 25 miljoen in Februarie 2020 tot 19 miljoen in Januarie 2021.

Ongeveer 370 senior bestuurders in die vier sektore het aan die peiling deelgeneem. Die meeste van die veldwerk is gedurende die tweede helfte van Februarie gedoen. In daardie stadium was die tweede vlaag van die virus aan die afneem en sekere inperkings soos die verbod op alkoholverkope en toegang tot die strande was reeds gelig.

In die eerste twee weke van Februarie het beurtkrag wel oor ’n paar dae plaasgevind.

Die BEO voorsien dat die internasionale ekonomie in die komende jaar sterk kan groei, veral in Amerika. Dit sal uiteraard goeie nuus vir Suid-Afrika wees, maar die land sit steeds met sy eie unieke uitdagings soos die moontlikheid van ’n derde vlaag, beurtkrag en armer huishoudings wat steeds swaarkry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.