Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Momentum ‘betaal miljoene uit’ aan ou verwerpte eise

Momentum het Donderdag gesê die maatskappy het miljoene rande uitbetaal aan die families van vermoorde polishouers wie se eise aanvanklik verwerp is.

Dit volg ná verlede jaar se saak van Nathan Ganas, ’n man van Durban, waar Momentum aanvanklik geweier het om die R2,4 miljoen-lewenspolis aan sy vrou uit te betaal, op gronde daarvan dat hy versuim het om ’n voorafbestaande toestand – verhoogde bloedsuikervlakke – bekend te maak.

Ganas is in 2017 in sy motoroprit geskiet en het aan sy skietwonde beswyk. Die maatskappy het later die saak herroep en die eis uitbetaal, te midde van wydverspreide woede deur die gemeenskap. George Kolbe, hoof van die maatskappy se kleinhandel-lewensversekering, het gesê dit was ’n tydperk waartydens “ons die metode hoe ons sake doen, heroorweeg het”.

Kolbe het gesê die versekeringsmaatskappy het sedert die voorval ’n hersiening gehou van vorige eise wat op soortgelyke gronde verwerp is.

Hy sê die hersiening het sowat 20 jaar terug gestrek en vyf sake is ontdek – insluitende dié een van Ganas – wat tot ’n gesamentlike uitbetaling van sowat R7,3 miljoen gelei het. Momentum het R4 miljard aan lewensversekeringseise in 2018 uitbetaal.

Die statistieke het aangedui dat 93% van selfdood-eise vir mans was, en dat sake meer algemeen by rokers as nie-rokers voorkom.

Kolbe het egter volgehou dat die bekendmaking van bestaande siektetoestande uiters belangrik is wanneer ’n polis uitgeneem word.

“Deur die eis uit te betaal, beteken nie ons het die reëls verander nie. Bekendmaking is belangrik en dit bly die belangrikste faktor,” het Kolbe gesê.

“Ons het nie die reëls herskryf nie, nie-bekendmaking word in geen vorm geduld nie, en ons hoop dat dit nie ’n skuiwergat vir verswyging sal inhou nie, aangesien ons mense aanmoedig om ’n volledige gesondheid-bekentenis te gee wanneer ’n lewenspolis uitgeneem word,” het hy gesê.

Kolbe het aangevoer die Ganas-sage het tot ’n “massiewe protes deur die publiek” gelei en die maatskappy het belangrike lesse uit die ervaring geleer.

“Indien dit weer gebeur, is ons belofte dat ons sal betaal . . . ons sal na die feite kyk wat bewys dat daar wel ’n gewelddadige misdaad was,” het Kolbe gesê en bygevoeg dat dié besluit nie ’n kontraktuele verpligting is nie.

Johann le Roux, uitvoerende hoof van Momentum Life, het gesê: “Ons sakeonderneming is om eise uit te betaal en (vir) ons kliënte (om) hul gewenste finansiële doelwitte en voornemens te bereik, selfs wanneer die ondenkbare gebeur.”

Volgens statistieke wat Donderdag deur die maatskappy bekendgemaak is, is kanker die hoofoorsaak van dood wat 45% van die kritieke siekte-eise uitmaak, terwyl kardiovaskulêr-verwante siektes 26% behels. Eise in hierdie kategorieë het in vergelyking met 2017 met 20% gestyg.

Die statistieke het aangedui dat 93% van selfdood-eise vir mans was, en dat sake meer algemeen by rokers as nie-rokers voorkom.

Die vier grootste eise wat deur Momentum uitbetaal is:

* Doodseis: R45 miljoen

* Kritieke siekte: R6,3 miljoen

* Ongeskiktheid: R62,4 miljoen

* Inkomstebeskerming: R2,2 miljoen

Meer oor:  Momentum  |  Polishouers  |  Verwerpte Eise  |  Uitbetalings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.