Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Momentum betaal yslike R750 m. vir Covid-sterftes

Momentum het teen einde Februarie op net een reeks lewensversekeringspolisse R750 miljoen se eise vir Covid-19-verwante sterftes uitbetaal.

sterf, dood, lewensversekering, polisse
Die waarde van eise en die getal eise was gedurende die tweede vlaag drasties hoër as in die eerste vlaag van die pandemie. Foto: Unsplash

Teen Oktober verlede jaar, toe R160 miljoen uitbetaal is, het die lewensversekeraar gedink dit is ’n groot bedrag.

“Dit lyk egter min vergeleke met die ongelooflike R750 miljoen wat teen einde Februarie uitbetaal is,” sê George Kolbe, hoof van bemarking van Momentum se lewensversekering vir individue.

Momentum sê dit toon nog nie die totale waarde van eise vir Covid-19-verwante sterftes nie omdat dit slegs vir een produkreeks is. Die totale bedrag gaan na verwagting nog meer beduidend wees.

Kolbe sê die waarde van eise en die getal eise was drasties hoër gedurende die tweede vlaag as die eerste vlaag van die pandemie.

Dieselfde is deur ander lewensversekeraars aangemeld.

Die waarde van eise wat uitbetaal is, was 205% hoër en die getal eise wat ontvang is, 140% meer as met die eerste vlaag.

Volgens hom het Momentum omtrent twee keer meer eise van mans as vroue ontvang.

Die meeste van die eise wat uitbetaal is, was vir mense wat tussen 60 en 80 jaar oud was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.