Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Momentum verwag skerp hoër verdienste
momentum
Momentum is 'n hoofborg van die jaarlikse Warrior Race.

Momentum Metropolitan verwag dat sy verdienste per aandeel in die boekjaar tot einde Junie beduidend hoër sal wees.

In ’n handelsoorsig wat Vrydag op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik is, sê die maatskappy hy verwag dit sal tussen 65% en 85% hoër wees as in die vorige boekjaar.

Dit kom neer op ’n verdienste van tussen R1,46 en R1,63 per aandeel, teenoor 2018 se 88c.

Die wesensverdienste per aandeel sal ook na verwagting met dieselfde persentasie toeneem tot tussen R1,54 en R1,72, teenoor 93c verlede jaar.

Momentum Metropolitan sal sy finale jaarsyfers vir die jaar tot einde Junie op 4 September uitreik.

Die maatskappy skryf sy goeie prestasie vir die jaar toe aan die veerkragtigheid van sy sake-eenhede, verbeterde doeltreffendheid en meer toepaslike finansiële onderskrywing. Dit het hom gehelp om die voortgesette onstuimigheid in die kleinhandelsektor te help trotseer.

Hy erken egter ook die goeie prestasie word gemeet teen die trae prestasie van die vorige boekjaar.

“Die resultate van die vergelykende boekjaar is negatief beïnvloed deur groot negatiewe veranderings en beleggingsafwykings in Suid-Afrikaanse kleinhandelondernemings asook in die res van Afrika,” lui die Sens-verklaring.

Maar Momentum Metropolitan glo ook dat sy groei die afgelope boekjaar eintlik groter is as wat die syfers wys.

Vanweë die groep se internasionale uitbreiding in onder meer gesondheidsversekeringsdienste in Indië, het dié nuwe sake-eenhede se aanvanklike verlieste die resultate vir 2019 ietwat afgetrek. Dié impak was wel “in die pas met die sakeplan”, sê die maatskappy.

Meer oor:  Mmi  |  Momentum  |  Resultate  |  Verdienste  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.