Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mondli Gungubele getuig voor OBK-kommissie

Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies en voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), getuig vandag voor die kommissie van ondersoek na gebeure by dié instelling.

Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies.Foto: Elvira Wood

Gungubele was in ligte luim voordat hy begin het om voor regter Lex Mpati te getuig.

Gungubele het op 1 Februarie saam met die res van die OBK se direksie bedank.

Die direksie het bedank nadat ’n e-pos van ’n onbekende versender Gungubele en nog twee direkteure betrek het by korrupsie by die OBK. Die OBK het einde Januarie aangekondig hy gaan ’n forensiese ondersoek na dié bewerings gelas.

Gungubele het ’n paar dae voor sy bedanking aan Netwerk24 gesê: “My gewete is skoon. Die ondersoek sal my naam van alle blaam suiwer.”

Gungubele is uit hoofde van sy amp as adjunkminister van finansies die voorsitter van die OBK-direksie.

Die OBK is die staatsbeheerde batebestuursfirma wat meer as R2 000 miljard se geld, grootliks namens die staatspensioenfonds (GEPF), belê.

Die kommissie van ondersoek wat pres. Cyril Ramaphosa na die OBK se omstrede beleggings gelas het, duur nog tot minstens einde Maart.

Meer oor:  Obk  |  Lex Mpati  |  Mondli Gungubele  |  Obk-Ondersoek  |  Gepf  |  Korrupsie  |  Staatsamptenare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.