Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moody’s gee regmerkie vir SA bankstelsel
Moody’s gradeer sewe banke in die land: Standard Bank, FirstRand (moedermaatskappy van FNB en RMB), Absa, Nedbank, Investec, Mercantile en Bidvest. Foto: Getty Images

Selfs midde-in ’n resessie is Suid-Afrika se banke goed gepantser teen verbruikers se probleme.

Resultate wat die land se banke die afgelope ruk uitgereik het, het Moody’s Investors Service oorgehaal om die vooruitsig vir die gradering van die hele bankstelsel van negatief in stabiel te verander.

“Dit weerspieël die kredietgradeerder se siening dat banke se finansiële maatstawwe en kredietwaardigheid oor die volgende 12 tot 18 maande veerkragtig sal bly, ondanks verswakkende bedryfsomstandighede,” sê Nondas Nicolaides, ’n visepresident en senior kredietamptenaar van Moody’s.

Moody’s gradeer sewe banke in die land: Standard Bank, FirstRand (moedermaatskappy van FNB en RMB), Absa, Nedbank, Investec, Mercantile en Bidvest. Dit verteenwoordig nagenoeg 91% van die bankbates in die land.

Moody’s verwag nie dat banke se persentasie swak skuld baie sal toeneem nie. Swak skuld het in Junie 2018 3,5% van alle lenings beloop.

Die kredietgradeerder reken wel winsgrense sal onder druk kom weens trae groei in nuwe sake en hoër koste. Banke se inkomste uit rente kan onder druk kom omdat verbruikers nie meer skuld kan aangaan nie.

Moody’s het ook ’n stabiele gradering op staatskuld en is die enigste van die drie groot gradeerders wat staatskuld nog op beleggingsgraad gradeer.

Moody’s het wel verlede week gewaarsku dat die resessie slegte nuus is vir die staat se geldsake en daarom ook vir sy gradering.

Die langtermyneffekte van plaaslike banke wat Moody’s gradeer, word almal op Baa3 gegradeer. Dis die laagste beleggingsgraad.

Banke se gradering op Moody’s se nasionale skaal is egter heelwat hoër. FirstRand se gradering is op Aaa, die hoogste moontlike gradering; Standard, Absa, Nedbank en Investec is op die tweede hoogste vlak – Aa1. Bidvest is op Aa2 en Mercantile is die laagste op Baa1.

Meer oor:  Moody's  |  Bankbedryf  |  Resessie  |  Tegniese Resessie  |  Bankwese  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.