Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moody’s is negatief oor SA banke

Die internasionale kredietgradeerder Moody’s sê die vooruitsig vir die Suid-Afrikaanse bankstelsel is negatief weens die voortgaande moeilike bedryfsomstandighede, agteruitgang in die terugbetaling van lenings en laer winsgewendheid.

Agterstallige skuld by Suid-Afrika se groot banke gaan gemiddeld tot 5% styg, raam Moody’s.

Moody’s sê in ’n verslag die banke se stabiele finansiering, goeie likiditeit en kapitaalbuffers sal die risiko’s wat vir banke bestaan, verklein. Die agentskap glo dit sal help om die finansiële stabiliteit in die land te beskerm.

Oor die algemeen sal die bedryfsomstandighede vir Suid-Afrikaanse banke swak bly weens die beperkte ekonomiese vooruitsig.

Verswakte ondernemings en huishoudings, tesame met min sakegeleenthede, sal banke se finansiële prestasie beperk.

“Ons verwag dat die terugbetaling van lenings in 2021 verder agteruit sal gaan en dat probleemlenings sal toeneem tot meer as die 5% van die totale uitstaande lenings wat in November 2020 bereik is, omdat maatskappye en huishoudings sukkel met onderskeidelik wins en minder besteebare inkomste,” sê Constantinos Kypreos, senior visepresident van Moody’s Investors Service, in ’n verklaring.

Kypreos glo egter dat banke se goeie risikobestuur, die lae rentekoerse en die ondersteuning van die regering sal help om die agteruitgang met die terugbetaling van lenings in bedwang te hou en om wanbetalings as persentasie van die totale uitstaande lenings op ’n enkelsyfer te hou.

Laer dividenduitbetalings en ander maatreëls om kapitaal te verbeter sal help om kapitaal op die huidige vlakke te hou. Befondsing en likiditeit sal na verwagting ook stabiel bly.

Banke se winsgewendheid sal egter negatief geraak word deur beperkte nuwe sakegeleenthede, laer marges en hoër voorsiening vir slegte skuld, ten spyte van kostebesparings en inisiatiewe om meer digitaal te gaan.

Meer oor:  Moody's  |  Bankbedryf  |  Lenings  |  Ekonomie  |  Krediet  |  Skuld  |  Kredietgradeerders  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.