Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moody’s ook negatief oor Acsa
Acsa bedryf nege lughawens in Suid-Afrika.Foto: Argief

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service het die vooruitsig van die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (Acsa) van stabiel na negatief verander.

Hy sê egter Maandag in ’n verklaring Acsa se kredietgradering bly onveranderd op Baa3.

Moody’s verduidelik hy het dié besluit geneem nadat hy Vrydagaand aangekondig het dat hy die kredietvooruitsig vir Suid-Afrika se soewereine skuld ook van stabiel tot negatief verander het.

Dit is die finale stap voordat Suid-Afrika sy beleggingsgraad-gradering van Baa3 gaan verloor. Sou dit gebeur, sal Suid-Afrika rommelstatus bereik.

Moody’s gradeer nie staatsondernemings se skuld hoër as dié van die land s’n nie.

Acsa besit en bedryf nege lughawens in Suid-Afrika.

Die regering het ’n 74,6%-belang in Acsa.

Die maatskappy het ’n inkomste van R7,1 miljard in die jaar tot einde Maart gegeneer.

“Hierdie erken die staat se belang van 74,6% en die invloed wat die staat op Acsa se beleid het; die maatskappy se blootstelling aan binnelandse regulatoriese toesig en plaaslike ekonomiese toestande weens die hoë persentasie binnelandse verkeer; en die maatskappy se blootstelling aan plaaslike finansiële markte waar hy die meeste van sy skuld opneem,” verduidelik Moody’s.

Moody’s wys op Acsa se “matig gehefte finansiële profiel en ’n redelik konserwatiewe finansiële beleid”, maar sê sy graderings word egter beperk deur “ ’n stelsel van ekonomiese regulering wat in die verlede uitdagend geblyk het.

“Acsa se blootstelling aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens – wat staat maak op finansiële steun van die regering – word ook as ’n beperkende faktor beskou.”

Moody’s sê dit is dus onwaarskynlik dat hy Acsa se gradering oor kort termyn sal verander, gegewe die negatiewe vooruitsig.

“Die vooruitsig kan egter na stabiel verander word, sou die vooruitsig van Suid-Afrika se soewereine skuld na stabiel verander.

“Enige afgradering van Suid-Afrika se soewereine skuld sal waarskynlik daartoe lei dat die gradering van Acsa se skuld óók afgegradeer word,” waarsku Moody’s.

– Fin24

Meer oor:  Acsa  |  Lughawens Maatskappy  |  Moody's  |  Kredietgradering  |  Rommelstatus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.