Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moody’s se vooruitsig vir banke ook nou ‘negatief’

Moody’s Investors Service het Dinsdag ná sy besluit Vrydag oor die vooruitsigte vir Suid-Afrika se skuldgradering ook die vooruitsigte vir die land se vyf groot banke na “negatief” verander.

Standard Bank, FirstRand, Absa, Nedbank en Investec se kredietgradering self bly onveranderd op Baa3.

Die aankondiging is in pas met sy vroeëre aankondiging oor die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa).

LEES OOK: Moody’s ook negatief oor Acsa

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service het Dinsdag ook sy vooruitsig vir Suid-Afrika se vyf groot banke na “negatief” verander.Foto: Bloomberg

Moody’s sê in ’n verklaring die behoud van die banke se gradering “weerspieël hul finansiële profiele, wat tot dusver te midde van voortgesette uitdagings in Suid-Afrika se bedryfsomgewing veerkragtig was”.“Die vyf banke se raamwerke vir risikobestuur wat in die algemeen robuus is, hul solvensieprofiele en die verbetering in hul likiditeitsmetings, het in hul guns getel.”

Die negatiewe vooruitsig spruit hoofsaaklik uit die negatiewe vooruitsig vir Suid-Afrika se staatskuld omdat die banke beduidende hoeveelhede staatseffekte hou as deel van hul likiditeitsvereistes, wat hul kredietprofiel aan dié van die regering verbind.

Volgens Moody’s was die banke se blootstelling aan die staat teen einde Junie gemiddeld sowat 177% van hul kapitaalbasis.

Moody’s verwag ook dat banke oor die volgende jaar toenemend met slegte skuld sal sukkel.

Hoewel die banke en Acsa se kredietvooruitsigte na negatief verander is, het hulle vergeleke met Eskom lig daarvan afgekom.

Sy kredietgradering is verlaag tot Caa3 – die derde laagste moontlike vlak.

LEES OOK: Eskom selfs verder afgegradeer

Meer oor:  Fnb  |  Absa  |  Moody's  |  Standard Bank  |  Firstrand  |  Kredietgradering  |  Bankbedryf  |  Banke  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.