Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moody’s: Versekeraars se lot in staat se hande

Die banke, vervoersektor en nou versekeraars: Moody’s Investors Service het dalk die lat gespaar, maar geen firma kan die land se negatiewe vooruitsig ontduik nie.

moodys
Moody’s se hoofkantoor in New York. Foto: Getty Images

In Moody’s se jongste in ’n reeks verklarings sedert hy Vrydag Suid-Afrika se staatskuld op beleggingsgraad gehou het, maar wel die vooruitsig tot negatief verander het, word bedrywe in die private sektor nou die een ná die ander gepak.

In ’n verklaring Dinsdagaand het die kredietgradeerder nou die vooruitsig vir die gradering van Suid-Afrika se grootste versekeraars ook na negatief verander.

Die skuldgraderings self is egter onveranderd gelaat as volg:

  • Discovery: Ba1 (een vlak onder beleggingsgraad)
  • Guardrisk Insurance: Baa3 (laagste beleggingsgraad)
  • Momentum Metropolitan Life: Baa2 (tweede laagste beleggingsgraad)
  • Old Mutual Life Assurance: Baa2
  • Standard Insurance: Baa3

Moody’s wei uit oor elk van die maatskappye se veerkragtigheid en sterpunte in sy verslag en gebruik dit as regverdiging hoekom geen afgraderings plaasvind nie.

Maar in elke geval noem die kredietgradeerder dat die maatskappye onlosmaaklik tot die negatiewe vooruitsig van die landsekonomie verbind is. Hul blootstelling is in elke geval so groot aan die Suid-Afrikaanse ekonomie dat die kredietgradeerder die vooruitsigte in negatief moes verander toe hy die land se vooruitsig verander het.

In sy verslag verduidelik Moody’s dat daar min is wat die versekeraars self sou kon doen om hul vooruitsig weer positief te kry in die volgende 12 tot 18 maande waarin Suid-Afrika self nou deur rommelstatus in die gesig gestaar word.

“Gegewe die negatiewe vooruitsigte vir (elkeen van die versekeraars) en die regering van Suid-Afrika, is daar beperkte opwaartse druk op die gradering gedurende die volgende 12 tot 18 maande.”

Dit is by elkeen van die onderafdelings vir die individuele versekeraars se ontleding in die verslag die enigste sin wat geskryf is onder die onderwerp van “moontlik positiewe vooruitsigte”.

Die jongste aankondiging is in pas met sy vroeëre aankondiging oor die volgende bedrywe en maatskappye wie se vooruitsigte ook in die afgelope drie dae tot negatief verander is:

  • Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa)
  • Absa
  • Nedbank
  • Standard Bank
  • FirstRand
  • Investec
  • Die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika

Moody’s het wel Dinsdag die Landbank se Baa3-gradering onder hersiening geplaas, wat beteken ’n afgradering tot onder beleggingsgraad kan binne so min as drie maande gebeur vir dié instelling.

Meer oor:  Guardrisk  |  Momentum  |  Discovery  |  Old Mutual  |  Ekonomie  |  Staatskuld  |  Versekeraars  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders  |  Kredietgradering  |  Versekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.