Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Motorverkope stel erg teleur

Plaaslike motorverkope het in Mei met 5,7% gedaal het vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

’n Argieffoto van BMW se Rosslyn-fabriek noord van Pretoria. Motor-uitvoerverkope het in Mei 2019 met 8,8% geval.

Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) het in ’n verklaring gesê motorverkope in Mei het opnuut teleurgestel en in alle kategorieë gedaal.

Luidens syfers wat die departement van handel en nywerheid die afgelope week uitgereik het, het verkope afgeneem met 2 444 eenhede, wat ’n daling van 5,7% is.

Uitvoerverkope het vir die eerste keer vanjaar getuimel – met 8,8% of 2 866 voertuie op ’n jaargrondslag.

Die mark vir nuwe passasiersmotors het met 1,4% verminder tot 26 170 eenhede.

Plaaslike verkope van ligte kommersiële voertuie, bakkies en minibusse het in Mei ’n rekord-daling van 13% getoon het teenoor dié tydperk verlede jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.