Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Motsepe-groep belê R1 mjd. in Alexander Forbes

Die swartbemagtigingsgroep African Rainbow Capital (ARC) Investments het aangekondig hy wil ’n groot belang in die finansiëledienstemaatskappy Alexander Forbes vir nagenoeg R1 miljard koop.

Patrice Motsepe, een van die rykste mense in Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Die bekende sakeman Patrice Motsepe is ’n groot belegger in ARC, wat uiteindelik as alles volgens plan verloop, 41,3% van Alexander Forbes gaan besit.

Die aankondiging is Woensdagaand ná die sluiting van die JSE uitgereik.

Die aankondiging handel oor drie transaksies wat gaan plaasvind om uiteindelik – as dit suksesvol afgehandel is –vir ARC die grootste aandeelhouer in Alexander Forbes te maak.

Alexander Forbes sê terselfdertyd in ’n verklaring hy koop ook van sy eie aandele teen R1 miljard terug.

Albei koop die aandele van Mercer Africa terug.

Mercer besit 442,8 miljoen aandele, wat 34,4% van Alexander Fobes verteenwoordig. ARC het ’n belang van 13,7% in Alexander Forbes.

Die plan is dat die transaksies as volg werk:

1. ARC se filiaal wat in die finansiëledienstebedryf betrokke is, koop 193 miljoen aandele vir R1 miljard. Die aandele word teen R5,25 per aandeel gekoop. Só word nog 15% verkry en 28,6% word dan gehou.

2. Alexander Forbes koop 200,8 miljoen van sy eie aandele terug vir R1 miljard. Daarvoor word R5,15 per aandeel betaal. Nadat die aandele teruggekoop is, gaan dit gekanselleer word. Dan styg ARC se aandeelhouding tot 33,9%.

3. Die finansiëledienstefiliaal van ARC, wat aandele in die ongenoteerde bedryfsmaatskappy Alexander Forbes Bpk. besit, gaan dié aandele ruil vir aandele in die genoteerde Alexander Forbes. Daarna gaan ARC 41,3% van die genoteerde Alexander Forbes hou.

Toe ARC in 2016 betrokke begin raak het by Alexander Forbes, is aandele op twee vlakke van die maatskappy gekoop – in die bedryfsmaatskappy en in die genoteerde maatskappy.

Alexander Forbes gaan die verkryging van sy eie aandele uitvoer met die kontant wat hy kry uit die verkoop van sy korttermynversekeraar aan Momentum. Die opbrengs uit die transaksie van sowat R2 miljard word einde vandeesmaand verwag.

Die kansellasie van die aandele moet deur aandeelhouers op ’n algemene vergadering goedgekeur word. Die plan is om dit in April te doen.

ARC sal ook toestemming van Alexander Forbes se aandeelhouers moet kry om nie nou ’n verpligte aanbod aan die res van die aandeelhouers te doen nie.

“Dit is nodig omdat ARC nie op die oomblik van voorneme is om ’n beherende belang in Alexander Forbes te kry nie,” lui die verklaring.

Die onafhanklike aandeelhandelaar Karin Richards het op Twitter verwys na die transaksie en gesê nuwe aftreefondsregulasies gaan goed wees vir Alexander Forbes.

Sy meen die nuwe wetgewing gaan ’n verdere inkomstestroom vir Alexander Forbes meebring ten opsigte van adviesgeld.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.